Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Bolton se boek is nog ’n ramp vir beleërde Trump

Die publikasie van die boek van John Bolton, pres. Donald Trump se vorige veiligheidsraadgewer, het alles opgelewer wat daarvan verwag is.

Daarin skilder Bolton, wat 17 maande lank met Trump in aanraking was, ’n ontstellende prentjie van ’n onbekwame, strompelende man sonder visie, met slegs één doel – om bewonder en herverkies te word.

Verskeie sake moet hier oorweeg word.

Ten eerste, Bolton staan bekend as ’n kil, arrogante man wat áltyd beter weet. Hy het inderdaad geen moeite gedoen om homself in die Withuis gelief te maak nie.

Bolton het ’n grief teen Trump. Trump het hom vernederend afgedank, al beweer hy dat hy self bedank het.

Tweedens, hy is ’n uiters konserwatiewe, aggressiewe politikus van wie gesê is dat hy geen oorlog meegemaak het waarvan hy nié gehou het nie. Sy outomatiese reaksie op ’n krisis êrens in die wêreld is: Bombardeer, en besin daarna.

In die derde plek: Bolton het ’n grief teen Trump. Trump het hom vernederend afgedank, al beweer hy dat hy self bedank het. Dis logies dat hy negatief oor die president skryf.

Nietemin is ’n vierde kwessie dalk die belangrikste: Is dit wáár wat hy skryf?

Hy self beweer hy het noukeurig notas gehou van alles wat hy meegemaak en elke gesprek wat hy gehoor het. Daar kan redelikerwys aangeneem word dat, selfs al oordryf hy, die meerderheid van die inhoud waar is.

Trouens, selfs al sou net die helfte waar wees, is dit reeds uiters ontstellend.

Hoe kon ’n man met só ’n narsistiese karakter, iemand wat niks verder dink as om na buite goed te lýk nie (hy was immers ’n geslaagde televisiester), iemand wat geen politieke visie buiten sy eie herverkiesing het nie, iemand wat by wyse van spreke tien teenoorgestelde standpunte tegelyk kan huldig, in die Withuis kom?

Dis duidelik dat vier jaar van Trump Amerika groot skade berokken het. Die ander kant van die saak is dat die peilings ongunstig vir hom lyk en dat sy herverkiesing op die minste twyfelagtig is, al kan hy steeds die pyp rook.

Sy Demokratiese teenstander, Joe Biden, dwing ook nie veel gesag af nie. Maar kan hy enigsins slegter as Trump wees?

Meer oor:  Donald Trump  |  John Bolton  |  Amerikaanse Politiek  |  Kommentaar  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.