Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Die kinderagtige onvolwassenes in die VSA-magspel
Pres. Donald Trump van Amerika en Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, grom weer vir mekaar tydens die staatsrede. Foto: Reuters

Pres. Donald Trump se vryspraak in die senaat op aanklagte van magsmisbruik en verydeling van die kongres het sekere implikasies. Allereers: “vryspraak” beteken nie “onskuldig” nie.

Dis bo alle redelike twyfel bewys dat Trump sy Oekraïense eweknie, Wolodimir Zelenski, met die weerhouding van militêre hulp probeer intimideer het om ’n korrupsie-ondersoek na Trump se waarskynlike teenstander as presidentskandidaat van die Demokrate, Joe Biden, te begin. Dit kom daarop neer dat Trump buitelandse hulp wou afdwing om sy eie herverkiesing te bevorder – ’n onvergeeflike politieke doodsonde.

Die Demokrate het aanvanklik slegs prima facie-getuienis hiervoor gelewer. Maar toe verskyn nuusberigte oor die manuskrip van Trump se afgedankte nasionale veiligheidsraadgewer, John Bolton, waarin hy eerstehands oor die saak getuig.

Die Republikeine in die Senaat het angsvallig hul ore toegedruk en geweier dat Bolton getuig.

Die Republikeine in die Senaat het angsvallig hul ore toegedruk en geweier dat Bolton getuig.

Trump se vryspraak beteken ook dat die magsverhoudinge in die Amerikaanse politiek op kort en dalk ook middeltermyn ten gunste van die presidensie en ten koste van die kongres ontwikkel het. Die kongres, veral die senaat, het die pote onder sy eie rol as effektiewe rem op die mag van die president beslissend afgesaag.

Met ’n narsistiese persoonlikheid soos Trump in die Withuis, kan verwag word dat die president hom nog meer aan magsmisbruik skuldig sal maak – tensy die kiesers hom in November verwerp. Dit hang saam met die wyse waarop die Republikeinse Party in die “Trump-party” omskep is. Ofskoon verskeie senatore erken het Trump is skuldig aan magsmisbruik, het slegs een – Mitt Romney – genoeg ruggraat gehad om vir sy skuldigbevinding te stem.

Maar ook die Demokrate het hul sop sout gemaak. Dis dalk die beste geïllustreer deur die speaker van die huis van verteenwoordigers, Nancy Pelosi, se kinderagtige opskeur van Trump se staatsrede nadat hy dit vandeesweek gelewer het.

Trump was ewe onbeskaafd deur vooraf te weier om haar die hand te gee, maar Pelosi het haar altyd as die volwassene van die twee voorgehou. Trump se vryspraak wys dus ten slotte dat die Amerikaanse politiek grotendeels deur kinderagtige onvolwassenes bedryf word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.