Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: EFF kry reg om verenigde front teen hom te stel
EFF
EFF

nige politieke wins wat die EFF dalk met sy onsmaaklike en opportunistiese ontwrigting van die staatsrede aangeteken het, behoort hy in ’n strategiese bestekopname teen moontlike verlies vir die party op die lange duur te verreken.

Dit is te sê mits die party ontvanklik is vir die skade aan sy eie geloofwaardigheid en van die verdelende wig wat hy tussen landgenote indryf.

Met sy aanslag op die teenwoordigheid van oudpres. FW de Klerk tydens die staatsrede en Pravin Gordhan se ANC-ministerskap, het die EFF wel raakgeboor.

Die herrie wat ontketen is oor De Klerk se ont-kenning daarvan dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom is, pas so reg in die EFF se kraal. Hieroor sal die party homself op die skouer klop.

Voorts sal die bullebak-styl waarvolgens die rooi brigade die staatsrede met beuselagtige punte van orde ontwrig en sy besware op die verrigtinge afgedwing het, aanklank vind by volgelinge namens wie hy voorgee om kampvegter te wees.

Die groter waarheid is dat die party daarin geslaag het om ander politieke partye in ’n verenigde front teenoor hom saam te trek.

Die groter waarheid is dat die party daarin geslaag het om ander politieke partye in ’n verenigde front teenoor hom saam te trek, soos Donderdagaand in die parlement geblyk het, terwyl die breë sentiment in die land teen hom draai.

Nie net nie vergroot die gaping tussen hom en die ANC, waaruit hy in sonde ontvang en gebore is, maar ook vervreem die party homself van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners wat die toekoms taak- en versoeningsgerig wil pak.

Deurdat die EFF homself toenemend in ’n hoek toeverf, loop hy die risiko om uitgebak te raak.

’n Party wat slegs in staat is tot destruktiewe ontwrigtingspolitiek, ook om gebreke en dubbele standaarde te verdoesel, verdien geen plek in ’n demokratiese bestel nie. Nie dat dit vir Julius Malema en sy lawaaimakers enige punte tel nie.

Totdat bankrotskap hom inhaal, bly die EFF ’n Suid-Afrikaanse realiteit en kan sy groei in 2019 se verkiesing nie misken word nie.

Vir die parlement is die uitdaging hoe om die party se vloermoere te stuit, veral waar die voorsittende beamptes Donderdagaand te lig was.

Dit gaan ’n fyn, gesamentlike strategie verg om te beraam wat dié hoogs betaalde veronderstelde openbare dienaars van ontwrigting sal weerhou.

Om van ander insigte nie eens te praat nie.

Meer oor:  Parlement  |  Ontwrigting  |  Eff  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.