Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Gesprek tussen VSA en Rusland van groot belang
Joe Biden, destyds visepresident, skud in 2011 hand met Wladimir Poetin, destydse Russiese premier, in Moskou. Foto: AP

Om die waarde van ’n spitsberaad soos dié van verlede week tussen press. Joe Biden van Amerika en Wladimir Poetin van Rusland so kort ná die tyd behoorlik te evalueer, is ’n aansienlike uitdaging.

In 1985 het niemand enige blywende gevolge van die eerste spitsberaad tussen die fel antikommunistiese oudpress. Ronald Reagan en Mikhail Gorba­tsjof, sy nuwe Moskouse ampsgenoot, verwag nie.

En tog, ondanks die feit dat dié beraad geen onmiddellike deurbrake opgelewer het nie, was dit die begin van ’n ontspanningsproses wat ses jaar later op die uiteenval van die Sowjetunie uitgeloop het.

Die verwagtinge van die vergadering tussen Biden­ en Poetin was vooraf so laag dat die blote feit dat dit nie op ’n breekspul uitgeloop het nie, al klaar as ’n sukses gesien kan word.

’n Mens kan nie duidelike vordering uitwys nie, behalwe dat elkeen sy streep in die sand getrek het en dat hulle nou albei weet hoe ver hulle kan gaan voordat die wiele begin afval.

Dit is al klaar betekenisvolle vordering.

Die groot voordeel wat Poetin uit die beraad getrek het, is dat Biden hom as gelyke, as leier van ’n groot moondheid, behandel het.

Die groot voordeel wat Poetin uit die beraad getrek het, is dat Biden hom as gelyke, as leier van ’n groot moondheid, behandel het.

In die praktyk is dit natuurlik ’n feit dat Rusland vandag nie naastenby dieselfde status en krag as die ou Sowjetunie het nie en dat China hom loshande verbygesteek het.

Teen dié agtergrond was daar kritiek op Biden omdat hy by implikasie ’n status aan Poetin toegeken het wat laasgenoemde nie toekom nie.

Dié kritiek hou nie steek nie, want Rusland is en bly binne die wêreldpolitiek ’n moondheid van betekenis – nie in die minste nie deur sy yslike kernwapenarsenaal.

Al is China deesdae ’n belangriker rolspeler op die wêreldverhoog as Rusland, beteken dit wel nie dat daar nié met laasgenoemde gepraat moet word nie.

Inteendeel. Dit beteken eenvoudig dat China nie mag ontbreek op die lys van toekomstige Biden-gespreksgenote nie.

Dít is inderdaad die volgende wat moet gebeur: Biden en pres. Xi Jinping moet spoedig vergader sodat daar opnuut ’n verstandhouding tussen die VSA en China bereik kan word.

Meer oor:  Joe Biden  |  Wladimir Poetin  |  Vsa  |  Rusland  |  Hoofartikel  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.