Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Herbou raak nou kritiek
Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie.

Die nuus dat tot 35% van alle senior bestuurders in die staatsdiens nie die vereiste kwalifikasies vir hul hoogs betalende poste het nie, kom as geen verrassing nie. Dit is lankal kritiek dat die probleem opgelos word.

Senzo Mchunu, minister vir die staatsdiens en administrasie, het in ’n parlementêre antwoord erken dat sowat 3 300 van die 9 477 senior bestuurders in nasionale en provinsiale departemente teen 15 Februarie nie die vereiste kwalifikasies gehad het nie. Dit sluit kritiek belangrike departemente in soos die polisie, wat die meeste ondergekwalifiseerde senior bestuurders (228) het, sowel as die departement van justisie en korrektiewe dienste, wat 189 ondergekwalifiseerdes in hierdie poste het.

Jy hoef nie ver te soek vir die verklaring vir hierdie benarde situasie nie.

Dis kaderontplooiing.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede maand in sy weeklikse nuusbrief ook erken dat dit te veel gebeur dat mense in die staatsdiens aangestel of bevorder word in poste waarvoor hulle nie geskik of gekwalifiseer is nie.

Dit het ’n negatiewe uitwerking op doeltreffende regering en bevorder onder meer nepotisme, politieke inmenging, ’n gebrek aan verantwoordbaarheid, wanbestuur en korrupsie.

Dit het ’n negatiewe uitwerking op doeltreffende regering en bevorder onder meer nepotisme, politieke inmenging, ’n gebrek aan verantwoordbaarheid, wanbestuur en korrupsie.

In wese is dit ’n erkenning dat die ANC se beleid van kaderontplooiing misluk het. Teen die agtergrond van die feit dat Ramaphosa self in ’n stadium voorsitter van die ANC se kaderontplooiingskomitee was, is die erkenning nogal beduidend.

Een punt wat Ramaphosa ongelukkig nagelaat het om te noem is dat die onoordeelkundige toepassing van (noodsaaklike) regstellende aksie ook bygedra het tot die rysmier van staatskapasiteit. Dit is tyd dat die regering ook nou met vars oë na dié saak kyk.

Volgens Ramaphosa word daar wyd oorleg gepleeg oor ’n beleidsdokument wat ten doel het om die staatsdiens te verbeter. Dit sal goed wees as die wyse waarop regstellende aksie toegepas word in dié proses te berde gebring word.

Die ANC was nog altyd goed met planne en beloftes maak, maar wanneer dit by die uitvoering daarvan kom, duik sake in die hek. Kom dus nou met ’n werkbare plan vorendag om staatskapasiteit te herbou – én voer dit uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.