Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Moody’s-besluit vra vir baie groot verandering in SA
A monitor displays Moodys Corp. signage on the flo
Moody's se hoofkantoor in New York. Foto: Getty Images

Te midde van die vernietigende uitwerking van die Covid-19-pandemie en staat van inperking op die ekonomie, is dit maklik om redelik ongeërg te voel oor Moody’s se besluit verlede week om Suid-Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad te verlaag. Op kort termyn is dit inderdaad nie die land se fokus nie – eers moet die virussiekte doeltreffend bestry word.

Dit sou egter ’n groot fout wees om die mediumtermyn-impak van die afgradering – wat Suid-Afrika op volslae rommelstatus plaas – te onderskat.

Nie net kan die kapitaaluitvloei en verswakking van die rand pryse opjaag en die einde inlui van die rentekoers-daalsiklus nie, dit gaan ook die koste van staatskuld verhoog en die staat se vermoë om basiese dienste te lewer, verder inperk.

En dít terwyl inwoners juis na die staat gaan kyk om ná die einde van die korona-krisis noodleniging aan honderdduisende méér mense, wat ongetwyfeld gaan verarm omdat hulle nou hul inkomste verloor, te verskaf.

Dis nie verregaande om te voorsien dat die huidige dubbele krisis – Covid-19 en die afgradering – die staat gaan noop om inkomstebelasting en selfs belasting op toegevoegde waarde volgende jaar aansienlik te verhoog nie. Daar is dus ’n erge siklus van druk op gewone mense, op maatskappye en op die staat wat toeneem, en wat ook al verdere afgraderings kan meebring.

Só gesien is dit maklik om pessimisties te raak oor of Suid-Afrika se ekonomie en staat se geldsake ooit weer gaan verbeter, wat nog te sê die land se kredietgradering.

Só gesien is dit maklik om pessimisties te raak oor of Suid-Afrika se ekonomie en staat se geldsake ooit weer gaan verbeter, wat nog te sê die land se kredietgradering.

Pres. Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni, minister van finansies, word gekonfronteer met die toets van ’n leeftyd. Die vraag is nie of hulle bereid is om moeilike, maar ekonomies broodnodige besluite te neem nie.

Die vraag is eerder of hulle vakbonde en ander kamerade binne die regerende alliansie wat kredietgradeerders verafsku, kan oorhaal dat hulle dit saam met álle Suid-Afrikaners sal moet aanvaar.

Om mee te begin sal hulle dit duidelik moet oordra dat die tyd verby vir eise vir loonverhogings van dubbeld of selfs trippel die inflasiekoers.

Suid-Afrika se rigiede arbeidsopset, waar vakbonde net té veel mag het, ten koste van werkskepping en investering, móét eenvoudig gebreek word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.