Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Realisme moet die wagwoord oor korona wees
Mediese personeel het duisende mense aan boord van twee plesierbote vir die koronavirus ondersoek. Argieffoto: Reuters

Die vinnige uitbreiding van die besmetting van die koronavirus maak dit onmoontlik om akkurate syfers weer te gee. Teen die tyd dat dié woorde gelees word, is die besmetting- en dodetal ongetwyfeld aansienlik hoër as toe die woorde geskryf is.

Die episentrum van die krisis is in China, maar dit het sedertdien – weliswaar in beperkte mate – tot verskeie ander wêrelddele uitgebrei.

Suid-Afrika, waar die staat geen reputasie van deurtastendheid en doeltreffendheid het nie, moet nie dink dat hy die krisis permanent gaan vryspring nie.

Wanneer die eerste geval by ons opduik – en dit gáán – moet die gesondheidsowerhede ’n aksieplan gereed hê om só ’n persoon onmiddellik in isolasie te plaas. Bowendien moet nagegaan word met wie die persoon almal in aanraking was.

Die probleem is dat die virus se inkubasietyd twee weke is. Dit duur twee weke voordat ’n geïnfekteerde pasiënt simptome toon, maar in dié tyd kan hy of sy wel ander mense aansteek.

Suid-Afrika, waar die staat geen reputasie van deurtastendheid en doeltreffendheid het nie, moet nie dink dat hy die krisis permanent gaan vryspring nie.

Omvattende en vinnige optrede is dus noodsaaklik. Die vraag is of die ANC-staat, met al sy gebreke, dié vermoë het.

In China het geblyk tot welke skrikwekkende omvang die koronakrisis kan uitgroei as daar te traag ingegryp word.

Dit het die Chinese diktatuur aanvanklik polities nie gepas om toe te gee dat daar ’n krisis is nie en gevolglik was die aanvanklike reaksie hopeloos onvoldoende.

Dít is die nadeel van ’n diktatuur – omdat vryheid van spraak en denke onderdruk word, word dit besonder moeilik vir mense om ’n polities ongewilde krisisboodskap openbaar te maak. Die eerste arts wat ’n openbare waarskuwing laat hoor het (hy is intussen ook oorlede), is juis onder druk geplaas om sy waarskuwing terug te trek.

Aan die ander kant van die wêreld het pres. Donald Trump eweneens sy kop in die sand gesteek. Hy het voorspel dat die virus teen April, wanneer dit warmer word, “wonderbaarlik” sal verdwyn.

Paniek is net so verkeerd. Slegs 1% van die besmette pasiënte sterf, wat dit egter nie minder gevaarlik maak nie.

Realisme moet die wagwoord wees.

Meer oor:  Korona  |  Paniek  |  Verspreiding  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.