Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
'Die Burger' en 'Volksblad' sê: SA se VN-beloftes verg werkbare planne
Swedish activist Greta Thunberg addresses the Exti
Greta Thunberg spreek Sondagaand 'n skare in Marble Arch, Londen, toe. Foto: AP

In pres. Cyril Ramaphosa se verklaring oor Suid-Afrika se standpunt oor klimaatoptrede wat op die Verenigde Nasies (VN) se klimaatberaad oorhandig is, word heelparty lofwaardige voornemens gemaak. Strategies is dit reg en goed om die beste voetjie voor te sit, maar Suid-Afrikaners kan nie verkwalik word vir hul bedenkinge oor die prentjie wat geskets word nie.

Die versugting is dat ’n land wat so hoog opgee oor sy bydrae tot ’n klimaatbestande gemeenskap eers sy kant met basiese maatreëls teen erosie, rommelstrooi, lugbesoedeling, rioolbesmetting (van riviere en elders), en die (mensgemaakte) waterkrisis moet bring. ’n Werkbare plan vir die moeë Eskom sou gewig verleen aan die planne wat namens Suid-Afrika uitgestippel is.

Helaas verskil sê en doen – al pronk Barbara Creecy, minister van omgewingsake, en Jerry Matsjila, Suid-Afrika se ambassadeur by die VN, saam met Greta Thunberg, Sweedse jeugaktivis, op ’n foto wat Creecy op Twitter gedeel het.

Thunberg het wêreldleiers namens “miljoene van haar generasie” woedend beskuldig dat hulle weens passiwiteit tot aardverhitting bydra.

Thunberg het wêreldleiers namens “miljoene van haar generasie” woedend beskuldig dat hulle weens passiwiteit tot aardverhitting bydra.

Saam met haar was ’n Kaapse meisie, Ayakha Melithafa, een van 16 tieners wat ’n versoekskrif aan die VN se komitee oor die Konvensie van die Regte van Kinders gerig het waarin hulle pleit dat druk geplaas word op vyf groot besoedelaars – Duitsland, Brasilië, Frankryk, Argentinië en Frankryk – om te erken dat húl besoedeling kinderregte vertrap.

Die kinder-aktivisme kan wel opportunisties lyk, maar laat diegene hoor wat ore het. Melithafa wys die moontlikheid uit dat al is Dag Zero in Kaapstad afgeweer, die kans dat so ’n krisis weer kan gebeur, weens klimaatsverandering drie keer groter is as wat dit onder normale toestande sou wees.

Hopelik bring Ramaphosa se uitspraak dat Suid-Afrika daartoe verbind is om sy plig ingevolge die Parys-ooreenkoms na te kom en die erns van die VN oor klimaatsverandering deel, ingrypende meelewing onder regeringslui en andere teweeg.

Dit vereis dat die belofte van die bywerk van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vir ’n “geïntegreerde platform” vir oorskakeling na ’n laekoolstof-ekonomie nagekom word.

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Klimaatsverandering  |  Vn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.