Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Te min geld vir onderwys, maar amptenare gedy
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Joshua Sebola

Die regering en politici gee hoog op oor hoe belangrik die welstand van die land se kin­ders is, maar versaak die kinders met ’n be­groting vir basiese onderwys wat die afgelope de­kade skerp gekrimp het.

Luidens ’n onderwysverslag van Equal Edu­cation (EE) het die besteding per kind in ’n staat-skool sedert 2010 met sowat 8% gedaal.

Dít terwyl die meeste nie aan die basiese vereistes vir geletterdheid en syfergeletterdheid voldoen of toegang tot ’n gunstige leeromgewing het nie.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys het in die voorlegging oor EE se verslag gehoor Suid-Afrika se gr. 4-leerlinge lees die swak­ste uit leerlinge in 50 lande. Bykans 80% van die gr. 4’s kan nie met begrip lees nie.

Die regering misluk ook steeds met voorsiening van behoorlike skoolgeboue en infrastruktuur, vroeë kinderontwikkeling, insluiting van kinders met leerprobleme en gestremdes, en met die vervoer van leerlinge.

Die tragiek is dat dié probleme nie nuut is nie, en tekenend is van ’n regering wat nie sy werk verrig en sy beloofde planne deurvoer nie.

Die tragiek is dat dié probleme nie nuut is nie, en tekenend is van ’n regering wat nie sy werk verrig en sy beloofde planne deurvoer nie.

Die departement se Read to Lead-veldtog is in Julie 2015 met groot fanfare van stapel gestuur as teenvoeter vir die geletterdheidskrisis wat plaaslike en buitelandse navorsing bevestig.

Die mikpunt was dat 75% van die land se leerlinge teen vanjaar aan die basiese vereistes vir geletterdheid moes voldoen.

Read to Lead het klaaglik misluk. Dieselfde geld die inisiatief vir die versnelde lewering van infra­struktuur vir behoorlike skole.

Die jammerlike dog verwagte reaksie van ANC-LP’s was dat sekere mense net weer daarop uit is om die regering in onguns te ­bring. Hulle meen die regering vaar “on­der omstandighede goed”.

Dit het adj.pres. David Mabuza geweerklank wat elders in die parlement LP’s wou oortuig die derduisende middelvlak- en senior bestuurders in die staatsdiens verdien hul R30 miljard aan salarisse, “al is van hulle se pres­tasie nie op peil nie”.

Probleme en krisisse wat onder die mat gevee word, het die land op die rand van die afgrond. Die verontagsaming van die krisis in die onder­wys is ’n onreg teen ons kinders wat die land se reeds wankelende toekoms verder bedreig.

Meer oor:  Finansies  |  Gedl  |  Onderwys  |  Ampternare  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.