Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Virus, ekonomie van die groot take wat op Biden wag
Pres. Joe Biden Foto: AP

Selde het ’n Amerikaanse president die Withuis te midde van sovéél en súlke ernstige probleme betree. Pres. Joe Biden het ’n haas bomenslike taak om die ernstig “gewonde” Amerika te laat herstel.

Die onmiddellike probleem is uiteraard die koronapandemie, wat in Amerika buite beheer woed.

Op die dag van Biden se inhuldiging het die Amerikaanse sterftesyfer 400 000 verbygesteek en daarmee is die per capita-sterftesyfer daar onder die hoogste ter wêreld.

Dit word vererger deur die chaotiese manier waarop die vorige regering die kwessie aangepak het – en dit nadat Donald Trump die probleem maande lank ontken of onderbeklemtoon het.

Reeds die dag ná sy inhuldiging het Biden ’n omvattende en behoorlik gekoördineerde strategie aangekondig waarvolgens die bestryding van die pandemie gesentraliseer word.

Die wyse waarop miljoene Amerikaners Trump se flagrante leuens geglo het, illustreer ’n kollektiewe siekte wat buitengewoon moeilik, indien hoegenaamd, genees kan word.

Die nuwe benadering, het hy aangekondig, is op feite en wetenskap gegrond, nie politiek nie. Uiteindelik sal die sukses – of mislukking – deur die statistieke weerspieël word.

Iets wat daarmee saamval, is dat hy die instorting van die land se ekonomie moet stopsit en groei herstel.

Op die duur sal Biden die gapende wonde in die Amerikaanse psige moet heel. Die wyse waarop miljoene Amerikaners Trump se flagrante leuens – dat die verkiesing ten gunste van Biden bekook is – geglo het, illustreer ’n kollektiewe siekte wat buitengewoon moeilik, indien hoegenaamd, genees kan word.

Dat soveel miljoene Amerikaners geval het vir die fopnuus van ’n man vir wie die ganse heelal om sy onmeetlike ego draai, wys op ’n virus wat veel moeiliker as Covid-19 bestry kan word. Die Amerikaners sal hul geloof in hulself moet herwin.

Internasionaal sal Biden verskeie uitdagings die hoof moet bied – China, Iran, Rusland, noem maar op. Hy sal ook die vertroue van die VSA se tradisionele bondgenote in Navo en die Europese Unie moet herstel.

Uiteindelik wentel alles om twee woorde wat saamval: ordentlikheid en vertroue. Trump se gedrag maak – as Biden doen wat hy sê – plek vir beskaafdheid en dit kan vertroue herstel. Kom ons kyk wat kry hy reg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.