Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Vloedskade wys weer hoe regering boere versaak
Die Hennopsrivier in vloed het ook die besoedeling van die rivier ontbloot. Foto: Verskaf

Die ANC doen gans te min om erkenning te gee aan die bydrae van die boerderygemeenskap én verdiende hulp aan ons landbouers te bied, wat ondanks teistering en teenspoed die land se baie monde bly voed. Trouens, dit lyk dikwels of dié party waar hy regeer opsetlik hindernisse in die weg van die landbougemeenskap rol.

Ongelukkig is die regerende party glad daarmee om terselfdertyd hoog op te gee oor die stryd teen korrupsie én om korruptes aan eie boesem te koester. Lof aan ons getroue plaasmense is die laaste gedagte wat tydens die party se swymeling oor sy grootsheid in sy gedagtes sou opkom, wat nog van ramphulp verleen waar dit die nodigste is.

Met landerye, huise en paaie wat in die milde reën oorspoel is en die slegte vooruitsig dat die oorstroomde aanplantings oorspoel is, sou ’n parate regering oor die ramp ingelig gewees en vinnig en vrywilliglik hulp aangebied het.

Maar toe die plaaslike raad verlede week om hulp oor die nood by Bultfontein, Hoopstad, Wesselsbron en Brandfort genader is, was hy salig onbewus van wat op sy voorstoep afspeel. Wat nog te sê van inspring, bemoedig en daadwerklik help.

Daar is beleidskwessies, ’n onbeholpe en onwillige regering, koste en plae. Met die verpesting van plaasaanvalle en -moorde en die politiekery die heel laakbaarste.

Sonder landbou-organisasies soos Vrystaat Landbou (VL), wat met die Vrystaatse regering in gesprek getree het vir ramphulp vir boere in die Vrystaat en Noordwes, waar die land se “broodmandjie” gesetel is, sou sake onmoontlik beredder kon word. VL tree in namens die boere wat bedreig word deur verlies van miljoene rande weens die oorstromings.

Die watermassa wat verlede week duisende hektaar landerye en selfs huise op die platteland oorstroom het, volg op die hakke van die ander chroniese terugslae wat boerdery in Suid-Afrika so ’n uitdagende roeping vir net die heel taaiste maak.

Die knellende droogte is gevolg deur die veldbrande in die Wes-Vrystaat enkele maande gelede wat sowat 100 000 ha afgebrand en duisende stuks vee doodgebrand het.

Daar is beleidskwessies, ’n onbeholpe en onwillige regering, koste en plae. Met die verpesting van plaasaanvalle en -moorde en die politiekery die heel laakbaarste.

Die ANC maak bepaald nie genoeg erns met voedselsekerheid in die land nie – ’n risiko wat ons werklik nie kan bekostig om te loop nie.

Meer oor:  Boere  |  Anc  |  Landbou  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.