Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Wêreldleiers kan gerus die lesse van WOII onthou
President Donald Trump reacts before speaking at a
President Donald Trump

Vandeesmaand is dit 75 jaar dat die kanonne in Europa ná ’n vuurstorm van vyf jaar uiteindelik stil geraak het.

Dít nadat dié vasteland grotendeels in puin gelê en miljoene lewens geëis is deur die waansin van ’n Duitse diktator wat sy eie krag en kundigheid skromelik oorskat het, en deur die verskriklike wraak van sy vyande.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is wêreldleiers gedryf deur één oorkoepelende besef: Nooit weer mag toegelaat word dat só ’n katastrofe gebeur nie.

Die gewapende wedywering wat die Europese moondhede teenoor mekaar geplaas het, moes plek maak vir samewerking, vir ’n oortuiging dat hulle skouer aan skouer veel meer sou kon bereik as om kop teen kop te bots.

Dit het uiteindelik uitgeloop op die huidige Europese Unie (EU), ’n konstruksie wat nie altyd glad werk nie, maar wat wel die vrede bewaar.

Helaas, ’n driekwart eeu ná die einde van die afgryslike geweldpleging in Europa is die mensdom se kollektiewe geheue aan slytasie onderhewig.

In Washington word die kitaar geslaan deur, volgens baie mense, ’n narsis wat meen die wêreld draai om hom.

In Moskou heers ’n outoritêre leier wat ’n obsessie het om sy land opnuut tot ’n grootse moondheid te omskep; in Beijing swaai ’n politikus die septer wat steeds die Weste vir die vernederings van die 19de en vroeë 20ste eeu verwyt; en in Washington word die kitaar geslaan deur, volgens baie mense, ’n narsis wat meen die wêreld draai om hom.

Hierdie drietal wêreldleiers is ’n kombinasie wat die lesse van die Tweede Wêreldoorlog maklik kan ignoreer. Bowendien is die magsewewig van die Koue Oorlog ook aan die verbygaan.

Niks in die geskiedenis is ooit in beton vasgemessel nie. Uiteindelik hang dit, binne redelik onduidelike perke, af van die keuses wat individuele leiers maak.

Wat ’n mens egter wel kan sê, is dat die relatiewe stabiliteit van die jare ná die Tweede Wêreldoorlog plek gemaak het vir vloeibaarheid en onstabiliteit. En dit is gevaarlik.

Die lesse van die Tweede Wêreldoorlog bly ewenwel steeds geldig: Oorlog of voortdurende konfrontasie is sleg vir ekonomiese groei, en sleg vir die mensdom.

Wedywering kan, as dit in gesonde bane gelei word, wel goed wees. Maar besef die leiers in Moskou, Beijing en Washington dit voldoende?

Meer oor:  Tweede Wêreldoorlog  |  Lesse  |  Leiers  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.