Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Zuma-uitspraak ’n regsmoment vir demokratiese SA
Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma

Wetsgehoorsame burgers wat smag na reg en orde wat in die uitwissing van korrupsie vergestalting kry, sou hulle volledig met die sterk betoog van die geregtelike kommissie van ondersoek na staatskaping voor die konstitusionele hof oor oudpres. Jacob Zuma vereenselwig.

Die Zondo-kommissie voer onomwonde aan geen hoop bestaan dat Zuma voor hom sal getuig nie en dat hy weens minagting van die hof regstreeks tronkstraf van twee jaar sonder die keuse van ’n boete moet kry. Solank dit nie gebeur nie, word die demokrasie en oppergesag van die reg aangetas.

Vir die briesende Zuma en sy kornuite is dit ’n ander saak. Die uiterstes waarmee vrywaring geregverdig wil word, oorskry redelike denke.

Die subteks: Ek, Jacob Zuma, kan nie aan enigiets skuldig wees nie. Staatskaping bestaan nie en in ieder geval kom alles waarop ek aanspraak maak, my toe.

In ’n ongekende aanval op die konstitusionele hof het Zuma die regbank van “juridiese diktatorskap” beskuldig en die integriteit van adjunkhoofregter Raymond Zondo en regter Dhaya Pillay probeer verdag maak. Die ryke ironie dat Zuma-troep Carl Niehaus in sy soeke na ’n skuiwergat moet terugreik na ’n apartheidswet van 1947, is onmiskenbaar.

Die subteks: Ek, Jacob Zuma, kan nie aan enigiets skuldig wees nie. Staatskaping bestaan nie en in ieder geval kom alles waarop ek aanspraak maak, my toe. Enigiemand wat verskil, het ’n agenda teen my.

In sy voldane regsverhewenheid speel Zuma nie die bal nie, maar die man. Sy tirades en drogbeelde is van waarheid gestroop. Dus soek hy fout elders.

Die waarheid is dat hy geen bona fide-verklaring het nie vir die staatskaping onder die “verlore jare” van sy bewind waarby 40 getuies hom alreeds voor die Zondo-kommissie betrek het. Die oudkeiser staan kaal.

Uitspraak is voorbehou, maar die konstitusionele hof staan voor die gewigtige taak van hoe om sy eie hofbevel toe te pas. Dit verg ’n beslissende regsmoment in demokratiese Suid-Afrika met die oppergesag van die reg wat as onaantasbaar geld. Dit sou magskonfrontasie – intern in die ANC, sowel as tussen staat en party – op die spits kon dryf.

Wat die hof se uitspraak ook al sou wees, wonder die land alreeds oor die praktiese toepassing daarvan, sou teen Zuma bevind word. Hoe en waar sou hy byvoorbeeld in hegtenis geneem word?

Die uitspraak word afgewag.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Zuma-Reaksie  |  Hoofartikel  |  Hofaansoek  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.