Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: ANC is steeds gevangene van sy totalitêre verlede
johannesburg, burgemeester
Foto: Felix Dlangamandla

Dis ’n ope vraag of die ANC regtig goed nagedink het voordat hy met die onbekookte wetsontwerp oor sport vorendag gekom het.

Volgens die wetsontwerp word byna alle bevoegdhede van sportbeheerliggame aan die staat oorgedra, waardeur sport sy outonomie verloor.

Dit volg kort op die hakke van nóg ’n wetsontwerp waardeur die staat sy greep op skole kan verstewig en selfs by die taalbeleid van ’n skool kan inmeng. Dis al genoem die “Lesufisering” van skole.

Die twee maatreëls getuig van ’n party wat steeds die gevangene van sy totalitêre verlede is. Die begrip totalitêr beteken eenvoudig ’n staatstelsel waarin die regerende party sy ideologie tot in elke uithoek van die samelewing laat geld.

Daardeur word die selfstandigheid van die burgerlike samelewing, ’n kenmerk van die demokrasie, ondermyn en selfs onmoontlik gemaak. Handboekvoorbeelde hiervan was Nazi-Duitsland en alle kommunistiese diktature.

Uiteraard verdink niemand die ANC daarvan dat hy ’n ideologiese erfgenaam van Adolf Hitler is nie. Hy is egter wel deeglik een van Wladimir Lenin en Josef Stalin.

Enigiemand wat ’n studie van die ANC in ballingskap maak, kan sien dat die ANC die leiding van die Kremlin slaafs nagevolg het.

Enigiemand wat ’n studie van die ANC in ballingskap maak, kan sien dat die ANC (waarvan die leiers in dié tyd byna volledig deur die SAKP oorheers is) die leiding van die Kremlin slaafs nagevolg het.

Die verbrokkeling van die Ystergordyn en die uiteenval van die Sowjetunie het dit moontlik gemaak dat die ANC in die eerste jare ná 1994 taamlik dapper liberaal-demokraties was. Maar die grootskaalse magsmisbruik en verregaande korrupsie wat die beweging in ballingskap gekenmerk het, het die leidende ster geword.

Nou keer die ANC steeds terug na sy vroeëre totalitêre wortels.

Dít terwyl die toksiese mengsel van rassenasionalisme, pure onbekwaamheid en magsmisbruik welig voortduur.

Die twee wetsontwerpe is gevaarlik. As hulle wet word, is dit ’n stap nader aan ’n totalitêre stelsel. Dis nog afgesien van die feit dat internasionale liggame die sweep teen ons sport en onderwys kan klap.

Die skrale troos is dat die ANC só onbevoeg is dat hy ook dié maatreëls nie sal kan toepas nie.

Meer oor:  Wetsontwerp  |  Sport  |  Anc  |  Onderwys  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.