Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: Die as waarom die nuwe Koue Oorlog wentel
Pres. Xi Jinping van China en ander senior amptenare word op ’n reuseskerm gewys waar hulle trou belowe aan die Chinese Kommunistiese Party by ’n galavertoning met duisende deelnemers op die vooraand van die viering van die party se 100ste bestaansjaar in Beijing vandag. Foto: AP

Die geskiedenis herhaal homself nie. Altans, nooit presies nie.

Maar dinge kan gebeur wat wel sterk lyk soos dié in die verlede.

Dít is wat tans met China gebeur, waar die regerende Kommunistiese Party pas sy eeufees gevier het. Pres. Xi Jinping het ’n sterk toespraak gehou waarin hy die wêreld gewaarsku het: Óns is die baas in ons eie plaas; as julle jul neuse hier insteek, sal julle seerkry.

Xi se woorde het geslaan op die wyse waarop hy die beperkte vryheid in sy eie land en in Hongkong nekomdraai, ’n kulturele volksmoord teen die Turkssprekende Uyghurs in die provinsie Xin­jiang pleeg en die druk op Taiwan verstewig. Maar eintlik het dit veel groter implikasies.

In die jare 1945-’89 het ’n Koue Oorlog tussen Amerika en die Weste enersyds en die Sowjetunie en sy satellietstate andersyds geheers. Dit was ’n klipharde magstryd wat soms ’n millimeter van ’n allesvernietigende kernoorlog gehuiwer het.

Toe die Berlynse Muur in 1989 val, die Sowjetunie verdwyn en die nuwe Rusland in die rigting van ’n demokrasie beweeg, het die wêreld verlig gesug.

Nou blyk dit dat iets soortgelyks ontwikkel – dié keer tussen Amerika en die Weste, en China.

China het die laaste jare tot ’n ekonomiese en militêre reus ontwikkel. Dit het gevolge vir sy internasionale politieke statuur.

China het die laaste jare tot ’n ekonomiese en militêre reus ontwikkel. Dit het gevolge vir sy internasionale politieke statuur.

Nou dreig daar ’n nuwe Koue Oorlog. In die proses kyk China nie bloot na Xinjiang, Hongkong en Taiwan nie, maar na die hele Oos-Asië en die Derde Wêreld.

China koop op verskeie vlakke invloed. Miljarde word belê in infrastruktuur en fabrieke in Suid- en Suidoos-Asië, Afrika en Latyns-Amerika, selfs in die Weste. Groot bedrae ontwikkelingshulp word gegee. Geld word in media gestort.

Dis duidelik hoe die Chinese bewindhebbers die wêreld beskou. Amerika en die Weste, is die mening in Beijing, is aan die verval en hul invloed is aan die afneem. Hulle is self verteenwoordigers van ’n duisende jare oue beskawing.

Die toekoms behoort aan China.

Dit is hiérom dat die nuwe Koue Oorlog sal draai.

Meer oor:  Geskiedenis  |  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.