Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: Groter stabiliteit hopelik nou vir Botswana
Seretse Khama
Seretse Khama en sy vrou, Ruth Williams, in hul jonger dae.

Sedert sy onafhanklikwording van Brittanje in 1966 was Botswana ’n rots van stabiliteit, ’n helder vuurtoring wat die rigting in die politieke storms aandui wat Afrika sedert die jare 50 teister.

Regdeur dié tyd is die land deur die Botswana-Demokratiese Party (BDP) onder leiding van die Khama-dinastie – eers sir Seretse Khama, en toe sy seun Ian geregeer.

Laasgenoemde het sy amp as president verlede jaar ná twee termyne van vyf jaar neergelê, soos die land se grondwet deesdae bepaal. Ook dít was ’n goeie teken.

Maar sedertdien het dinge effens uitmekaar begin val. Khama se opvolger, Mokgweetsi Masisi, het talle van Khama se beleidsrigtings verander, soos om die verbod op ivoorhandel op te hef en die staatsdiens drasties te verklein.

Uiteindelik het die BDP 29 van die 57 setels gewen, ’n werkbare meerderheid.

Khama het daarop weggebreek, Masisi van diktatoriale neigings beskuldig en na die opposisie, die Umbrella for Democratic Change (UDC), oorgeloop. Dit was na aanleiding hiervan dat Masisi ’n vervroegde verkiesing uitgeskryf het.

Dit was ’n waagstuk wat geslaag het. Die UDC kon kandidate in slegs 19 van die 57 kiesafdelings stel, wat ’n oorwinning vir Masisi onafwendbaar gemaak het. Uiteindelik het die BDP 29 van die 57 setels gewen, ’n werkbare meerderheid.

’n Mens kry die indruk dat Khama, ’n oud-generaal wat gewoond was daaraan dat sy bevele onmiddellik en sonder teenspraak gevolg word, dit moeilik kon verdra dat sy opvolger ’n ander rigting inslaan. Dit is jammer, want deur sy rusie met Masisi is die politieke temperatuur in ’n stabiele land onnodig opgejaag tot op die punt waar dit selfs die demokrasie kan benadeel.

Afrika is ’n vasteland waar die Westerse liberale veelparty-demokrasie in die breë geen gelukkige geskiedenis het nie. Wat dit betref, was Botswana die uitsondering.

Maar selfs daar is die demokrasie nooit aan ’n beslissende toets onderwerp nie. Dit gebeur wanneer ’n regerende party ’n verkiesing verloor en die bewind sonder geweld aan die wenner oordra. Omdat die BDP strykdeur alle verkiesings gewen het, was dit nooit nodig nie.

Hopelik herstel Masisi weer die stabiliteit in ons buurland.

Meer oor:  Seretse Khama  |  Botswana  |  Hoofartikel  |  Stabiliteit  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.