Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: Krisis met treine kan ekonomie ook ontspoor
treine, treinspore, metrorail, kabels

Dat daar nog niemand skuldig bevind is op aanklag van brandstigting op treine in Kaapstad en omstreke nie, is ’n erge aanklag teen die wetstoepassingsowerhede en ander rolspelers.

Hierdie probleem het lankal krisisafmetings aangeneem en Metrorail het nou slegs 44 treinstelle van die minimum van 88 wat benodig word om aanvaarbare vervoerdienste in die stad te lewer. Vir ’n doeltreffende diens word 112 benodig.

Die gevolg is vervoerontwrigting op reuse skaal, wat weer lei tot produktiwiteit wat verlore gaan, verlies aan inkomste vir baie werkers, en ook ’n negatiewe impak op die provinsiale én nasionale ekonomie. Gegewe die ekonomie se benarde toestand, is hierdie inderdaad ’n nasionale krisis.

Laat daar hieroor geen twyfel wees nie: Pendelaars het die regmatige verwagting dat doeltreffende openbare vervoerdienste aan hulle verskaf sal word. As sulks moet dit alle betrokkenes – insluitend al drie regeringsvlakke, Metrorail en Prasa – se prioriteit wees om sáám ’n oplossing te vind.

Maar wat is die wins hierin as dit steeds moontlik is om in een nag 18 treinwaens op die Kaapse stasie af te brand?

Voorheen is daar gepraat van ’n toegewysde spoorwetstoepassingseenheid, gewapende wagte op treine, ’n taktiese span in pantservoertuie, ’n ondersoekspan wat op kabeldiefstal en vandalisme fokus en hommeltuig-tegnologie om misdaad te bekamp. Maar wat is die wins hierin as dit steeds moontlik is om in een nag 18 treinwaens op die Kaapse stasie af te brand?

As jy in ag neem hoeveel dit kos om treinwaens ten duurste te vervang, om nie eens te praat van die finansiële verliese in terme van produktiwiteit nie, moet geen koste of moeite ontsien word nie.

Sulke stappe moet egter ook gerugsteun word deur ’n deeglike begrip van wie en wat agter die probleem sit, want dit lyk beslis nie na gewone vandalisme nie.

Hier het die nasionale intelligensiediens ’n groot rol om te speel om vas te stel of dit deel is van ’n vervoeroorlog, soos toe busse en busbestuurders enkele jare gelede geteiken is. Of is dit dalk deel van ’n politieke veldtog wat daarop gemik is om die Wes-Kaap as DA-beheerde provinsie te destabiliseer? Almal weet tog van die periodieke dreigemente “om die provinsie onregeerbaar te maak”.

Fikile Mbalula, die minister van vervoer, moet dringend sorg dat die krisis op die hoogste moontlike regerings- en wetstoepassingsvlak aandag kry.

Meer oor:  Afbrand  |  Ekonomie  |  Treindienste  |  Treinstasie  |  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.