Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: Saru-besluit oor kampioenskap was die regte een
Dr. Danie Craven Foto: Argief

Wyle dr. Danie Craven het destyds sy hart op sy mou gedra wanneer dit by beroepsrugby gekom het.

Geld gaan die spel verwoes, het hy dikwels gewaarsku en Craven het in ’n onderhoud in 1990 selfs ’n vergelyking tussen geldrugby en prostitusie getref.

Hy sou egter trots gewees het op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se besluit om die Springbokke aan die Rugbykampioenskap te onttrek.

Maak geen fout nie, dit was ’n gewigtige besluit in ’n seisoen wat onvoorsiens ’n volslae finansiële misoes opgelewer het weens die Covid-19-pandemie.

Om in die Rugbykampioenskap te speel, was van kritieke belang om Suid-Afrikaanse rugby se geldsake ’n hupstoot te gee. Nou is die 2020-geldkoffer leeg, maar dit ly geen twyfel dat dit die regte besluit was nie.

In ’n era wat rugbybase oor die wêreld heen nie skroom om die topspelers vodde te speel ter wille van ’n stewige wins nie, het Saru sy spelers se belange dié keer voorop gestel.

In ’n era wat rugbybase oor die wêreld heen nie skroom om die topspelers vodde te speel ter wille van ’n stewige wins nie, het Saru sy spelers se belange dié keer voorop gestel.

Dit sou eenvoudig nie sin gemaak het om van aanstaande maand af te probeer om op gelyke voet teen die All Blacks en Wallabies, wat mekaar die afgelope Sondag in ’n tweede toets om die Bledisloebeker gepak het, mee te ding nie.

Uit die 15 Bokke wat verlede jaar in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland begin het, is dit net Cheslin Kolbe en Faf de Klerk wat die laaste paar weke naastenby genoeg rugby gespeel het om vir toetsrugby nader te staan.

Die besluit is ook in ’n groot mate met die oog op volgende jaar se toer van die Britse en Ierse Leeus geneem. Saru besef die wêreldkampioen is sy grootste bate en die Springbok-handelsmerk moet beskerm word in die opbou tot dié gebeurtenis wat hom net elke 12 jaar voordoen.

Ook sou deelname aan die Rugbykampioenskap die nuwe Bok-afrigter, Jacques Nienaber, byna geen kans gegee het om sy termyn op ’n goeie nooit in te lui nie.

Saru moes deur die jare dikwels al geregverdigde kritiek vir sy besluitneming verduur, maar dié keer verdien Jurie Roux en sy bestuur ’n klop op die skouer.

Meer oor:  Menings  |  Rugbykampioenskap  |  Stemme  |  Die Burger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.