Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger sê: Wie hou nou die troefkaarte in die Trump-saak?
Pres. Donald Trump van die VSA.

Die eed wat die 100 Amerikaanse senatore verlede week voor hoofregter John Roberts in die afsettingsaak teen pres. Donald Trump afgelê het, lui dat hulle “onpartydig reg sal spreek”. Die kans is egter oorweldigend dat geen enkele senator “onpartydig” na die saak sal kyk nie, maar hulle noodwendig deur politieke dienstigheid sal laat lei.

Dis maar die derde keer in die geskiedenis dat ’n president in ’n staat van beskuldiging (“impeachment”) gestel word. Die Huis van Verteenwoordigers het die klagstaat aan die Senaat oorhandig, en die senatore tree vanaf môre as jurie op.

Altesame 66 stemme is nodig om die president af te sit. Maar omdat Trump se Republikeinse Party 53 van die setels beset, is die kans dat dié getal bereik word, baie na aan nul.

Dít weet die Demokrate ook. Hul doel is dus nie om Trump nóú af te sit nie. Hul doel is om genoeg skadelike materiaal op te diep dat die openbare mening teen hom swaai en hy in November se verkiesing verslaan word.

Sover het die Demokrate se narratief taamlik goed orent gebly.

Sover het die Demokrate se narratief taamlik goed orent gebly.

Dit is dat Trump die Oekraïense president, Wolodim­ir Zelenski, met die stopsetting van militêre hulp wou “oorreed” om skadelike materiaal oor Joe Biden, die president se waarskynlike Demokratiese teenstander, te vind.

Daarmee, so lui die klag, het Trump ’n buitelandse moondheid probeer afpers om die verkiesing in sy guns te beïnvloed.

Intussen het die Amerikaanse Rekenkamer, ’n onpartydige staatsinstelling, tot die gevolgtrekking gekom dat Trump die wet oortree het. En een van die mense wat na bewering by die hele saak betrokke was, Lev Parnas, het gekom met getuienis wat op die oog af verdoemend vir Trump lyk.

Die Republikeinse meerderheid skop tans daarteen om getuies soos Parnas en John Bolton, Trump se vorige veiligheidsraadgewer, toe te laat. Waarmee die Republikeine die skyn wek dat hulle nie in die egte feite belangstel nie; slegs in Trump se onskuldigbevinding.

Omgekeerd geld dieselfde die Demokrate. Maar almal weet mos: Die politiek is ’n smerige besigheid.

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerikaanse Politiek  |  Hoofartikel  |  Demokrate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.