Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Pres. Donald Trump

Pres. Donald Trump se eerste jaar in die Withuis was een waarvan die VSA en die wêreld ’n ruk gaan neem om behoorlik te herstel.

Trump het in dié een jaar dit reggekry om die VSA van die Weste te vervreem, oorlog teen die vrye media te verklaar, handelsooreenkomste te kanselleer, die VSA aan die Parys-ooreenkoms oor die klimaat te onttrek, en sy land nader aan konflik met Iran en Noord-Korea te bring.

Daarby het hy die suurstof uit die politiek in Washington gesuig en is hy besig om sy eie party, die Republikeinse Party, te vernietig met die hulp van Steve Bannon, sy regse raadgewer wat uit die Withuis moes padgee. Sy eng nasionalisme onder die slagspreuk “Die VSA eerste!” het die eens konserwatiewe party oorspoel.

Die spesiale ondersoeker Robert Mueller se net span al hoe nouer om Trump se binnekring in die ondersoek na sameswering met Rusland in die verkiesing toe hy Hillary Clinton verslaan het. Paul Manafort, Trump se destydse raadgewer, en Richard Gates, Manafort se vennoot, word reeds aangekla van sameswering teen die VSA.

Verder het Trump se gewildheid tot 38% gedaal. Veral vroue het hul rug op hom gedraai.

Verder het Trump se gewildheid tot 38% gedaal. Boonop het die Demokrate vandeesweek belangrike verkiesings gewen, wat as mini-referendums oor Trump bestempel word. Veral vroue het hul rug op hom gedraai. Die opstand teen Trump en “Trumpisme” – onkunde, bullebakkery en haat- spraak – het dus begin.

Trump het ’n obsessie om Obama se nalatenskap uit te wis, maar kry nie Obamacare geskrap nie. Hy kry trouens geen wetgewing deurgevoer nie.

Maar as Trump die ondersoek na Russiese inmenging in die verkiesing kan oorleef, is hy sterk op pad na herverkiesing in 2020 danksy die “Trump Boom”, die oplewing in die ekonomie.

Die groei het onder Barack Obama begin, maar Trump maak aanspraak daarop. Die groeikoers mik na 3%, die markte is positief en werkloosheid daal. Sy besoek aan Japan, Suid-Korea en China blyk ook ’n groter sukses te wees as sy rampspoedige Westerse reise.

Tog het Trump reeds in ’n kort tyd ’n groot skaduwee oor die wêreldpolitiek gegooi. Die VSA is al hoe meer geïsoleer en hy tree meer en meer soos ’n diktator op.

’n Donald Trump onder al hoe meer druk voorspel net donker tye vorentoe.

Meer oor:  Donald Trump  |  Presidentskap  |  Vsa  |  Amerikaanse President  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.