Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die hooggeregshof se vernietigende bevinding oor adv. Shaun Abrahams is die soveelste aanduiding dat hy – én pres. Jacob Zuma – heeltemal onbevoeg vir hul poste is.

Shaun Abrahams

’n Volbank regters van die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beveel dat Abrahams sy pos as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet neerlê. Zuma mag nie sy plaasvervanger aanstel nie omdat hy ’n belangebotsing het in die korrupsieklagte wat oor sy kop hang en die hof het beveel dat adj.pres. Cyril Ramaphosa binne 60 dae ’n nuwe NVG-hoof moet aanstel.

Zuma en Abrahams het onmiddellik aangedui dat hulle appèl gaan aanteken.

Eerstens impliseer die bevinding dat Zuma al so gekompromitteer geraak het dat hy nie in staat is om sy presidensiële pligte uit te voer nie en in daardie opsig het hy die land eiehandig in ’n grondwetlike krisis gedompel. Dit kom ook in die nadraai van ander bevindings, en veral die een van 31 Maart verlede jaar waarin die konstitusionele hof bevind het Zuma het sy ampseed verbreek deur hom nie neer te lê by die openbare beskermer se Nkandla-bevindings nie.

As Zuma gedien het as die president van ’n party wat ’n diepgaande verbintenis tot die grondwetlike demokrasie gehad het, sou dié bevindings al sy einde beteken het.

Was dit nie minder moeite om eenvoudig van meet af aan u onskuld bo alle redelike twyfel in die hof te gaan bewys nie, “agbare” president?

Wat betref Zuma en Abrahams se onmiddellike skuif om te appelleer, is die volgende deel van Vrydag se uitspraak besonder insiggewend: Die volbank regters het in hul uitspraak gesê daar is “ ’n breër patroon van die president se optrede in litigasie, om te verdedig wat uiteindelik – op ­Zuma se eie toegewing – onverdedigbaar blyk te wees”. Dit sal volgens die regters naïef wees om dit te ignoreer.

En dit bly die kruks van die saak: Nadat Zuma aanvanklik gesê het hy wil graag sy dag in die hof hê wat betref die bewerings van korrupsie, werp hy letterlik alles in die stryd om uit die hof uit te bly. As hy so onwrikbaar in sy eie onskuld glo, is die aansienlike moeite wat Zuma en sy apparatsjiks, soos Abrahams, gedoen het om hom uit die hof te hou self ook verdag.

Was dit nie minder moeite om eenvoudig van meet af aan u onskuld bo alle redelike twyfel in die hof te gaan bewys nie, “agbare” president?

Meer oor:  Shaun Abrahams  |  Jacob Zuma  |  Poste  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.