Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Malusi Gigaba. Foto: Argief

Die aanstelling van Malusi Gigaba as minister van binnelandse sake is waarskynlik pres. Cyril Ramaphosa se eerste groot fout in sy eerste 100 dae.

Gigaba se bontpratery oor die Guptas se burgerskap en sy uiteindelike erkenning dat hy die kat aan die stert beetgehad het, is net die jongste episode waarmee hy bevestig dat dit nie in sy broek sit om ’n minister te wees nie.

Kort voor Gigaba se herontplooiing uit die tesourie na binnelandse sake, een van sy vorige portefeuljes, het ’n hof bevind Gigaba het onder eed gelieg – iets waarvoor hy nog strafregtelik vervolg kan word.

Benewens ernstige vrae wat Gigaba voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sal moet beantwoord oor sy Gupta-bande, het hy in elkeen van sy vorige portefeuljes van die een flater na die volgende gestrompel – telkens sonder dat hy ooit verantwoordelikheid vir sy foute geneem het.

By binnelandse sake het hy eiehandig vir ’n ramp in die toerismebedryf gesorg.

In 2007 het Gigaba, terwyl hy adjunkminister van binnelandse sake was, ’n leierskapakademie uit sy kantoor behartig en blomme van derduisende rande vir sy vrou op belastingbetalers se onkoste gekoop.

Hy is toe bevorder tot minister van openbare ondernemings in die eerste Zuma-kabinet. Tot dusver ontwyk hy nog die parlementêre komitee oor staatsondernemings wat hom wil uitvra oor van sy besluite oor Eskom. Dit sal na verwagting insluit sy besluite om in April 2011 in te meng by Eskom se kontrak by die Koeberg-kernkragstasie deur Westinghouse as voorkeurbieër uit te skuif, en om in Junie 2011 die hele Eskom-direksie, behalwe twee mense, te vervang.

By binnelandse sake het hy eiehandig vir ’n ramp in die toerismebedryf gesorg deur koppig voort te beur met verspotte reisregulasies waarteen hy uit alle oorde gewaarsku is.

Ramaphosa se motivering vir sy aanstelling – of dit nou was om eenheid in die party te behou en of hy dalk gereken het Gigaba sal weldra self tot ’n val kom – is nie ter sake nie. Wat ter sake is, is dat ministeriële aanstellings die prerogatief van die president is, en as sodanig moet Ramaphosa se goeie oordeel geweeg word met die aanstelling van iemand soos Gigaba in ’n sleutelpos.

Meer oor:  Malusi Gigaba  |  Hoofartikel  |  Politiek  |  Regering  |  Kabinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.