Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Mpumelelo Buthele

Grondonteiening sonder vergoeding gáán gebeur. Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gáán binnekort ’n werklikheid wees, of Suid-Afrikaners daarvan hou of nie. Die regering gáán binnekort ’n plan vir die verligting van hoë brandstofpryse aankondig.

Hoewel Suid-Afrika verlig is dat pres. Cyril Ramaphosa staatshoof is en nie meer Jacob Zuma nie, is dit opmerklik dat ook hy in ware ANC-styl soms populisme inspan en uitsprake en beloftes plooi afhangende van wie sy gehoor is.

Só hoor Suid-Afrikaners ’n dubbele boodskap van Ramaphosa oor grondonteiening. Enersyds is daar die byna dreigende uitsprake wat groot onsekerheid saai; andersyds die paaiende versekering dat grondonteiening sonder vergoeding ordelik en sonder skade sal verloop.

Maar toe koning Goodwill Zwelethini ’n “imbizo van die Zoeloevolk” hou wat neerkom op magsvertoon – eintlik ’n dreigement – teen die regering, gaan gee Ramaphosa die versekering aan die koning dat die (omstrede) Ingonyama-trust se grond van onteiening gevrywaar sal wees.

Populistiese planne kom meestal met fanfare nog voordat detail deurtrap is.

So beeld die Sowetan (9.07) se spotprent vir Ramaphosa uit waar hy Zwelethini (as Koning Leeu) se naels vyl. Met die belofte: “Your land is safe, your highness”.

Net so moet die ANC se grandiose NGV-plan, waaroor dan geen teenstand geduld sal word nie, ook as komende van ’n politieke leier en party met hul eie interne probleme en wenslyste in die aanloop tot ’n verkiesing beskou word.

Die belofte oor spoedige ekonomiese verligtingmaatreëls het Ramaphosa verlede week teenoor regerings- en sakeleiers geuiter. Uiteraard sou ’n oplossing verwelkom word, maar sonder dat met makro-ekonomiese realiteite gepeuter word.

Populistiese planne kom meestal met fanfare nog voordat detail deurtrap is. Die risiko is dat dit verwarring en onrealistiese verwagtinge skep.

Pogings om by alle groepe gewild te bly deur aan elk se behoeftes te probeer voldoen, bring winste op korte duur, maar meestal langdurige pyn mee.

Alle kiesers kan nie heeltyd tevrede gestel of gebluf word nie. Leierskap en ware oplossings verg konsekwente beginselvastheid. Soms moet in landsbelang standpunt ingeneem word – selfs al sou dit skeuring in jou eie party meebring.

Meer oor:  Anc Zoeloe-Koning  |  Politiek  |  Populisme  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.