Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Theresa May, Britse eerste minister, soek antwoorde van Rusland. Foto: Reuters

Die Britse premier, Theresa May, het vandeesweek vinnig beweeg om haar Konserwatiewe Party agter haar leierskap te monster nadat twee ministers uit protes teen haar planne vir ’n “sagte” Brexit bedank het.

Eers het sy Maandagaand die Tory-koukus toegespreek en dié in meerderheid agter haar laat inval; eergister het sy die kabinet geswaai.

Die twee ministers wat bedank het, was die ambisieuse Boris Johnson (wat minister van buitelandse sake was) en David Davis (wat die Brexit-onderhandelings gelei het).

Waarnemers het gevrees dat sommige ander Euro-skeptiese ministers dié twee se voorbeeld kan volg, maar hulle het geswyg en gebly.

Die meningsverskil gaan oor ’n wesenlike saak, naamlik welke bande Brittanje ná Brexit met die Europese Unie (EU) moet behou.

Die meningsverskil gaan oor ’n wesenlike saak, naamlik welke bande Brittanje ná Brexit met die Europese Unie (EU) moet behou.

May aanvaar dat die politieke lidmaatskap van die EU beëindig word, maar wil die ekonomiese skade beperk deur steeds deel van die Europese doeane-unie te bly.

Harde “Brexiteers” soos Johnson en Davis sien dit om ideologiese redes as verraad.

Hulle meen dat Brittanje sy soewereiniteit prysgee, iets wat geen land in die geglobaliseerde wêreld in elk geval kan handhaaf nie. Volgens hulle kan geen land nog maak asof hy ’n geïsoleerde eiland daar doer ver in die oseaan is nie.

Op kort termyn het May dus polities oorleef, maar dit sal eers later blyk of en hoe die affêre haar verswak het.

Op kort termyn het May dus polities oorleef, maar dit sal eers later blyk of en hoe die affêre haar verswak het. Trouens, met Johnson en Davis uit die kabinet kan sy selfs versterk uit die saak kom.

Weliswaar is nie almal wat hulle agter haar geskaar het prinsipieel van die korrektheid en wenslikheid van haar “sagte” Brexit-koers oortuig nie.

Hulle het om pragmatiese redes by haar bly staan, bloot omdat die alternatief vir haar die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, ’n harde links-populistiese Marxis, is.

Aan die ander kant van die Engelse Kanaal het die EU-leiers ook ingesien dat hulle hulle buigsamer in hul omgang met die Britte moet opstel.

Anders kan hulle vind dat dit kort voor lank nie May is wat aan die ander kant van die onderhandelings tafel sit nie, maar Corbyn.

En dít is amper te verskriklik vir woorde.

Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Hoofartikel  |  Konserwatiewe Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.