Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die aanhaling “All animals are equal, but some are more equal than others” van George Orwell in Animal Farm verwys na hoe diegene in die magskussings bepaal wie kry watter regte en vir hulself die beste voordele toeëien, terwyl hulle hul onderdane wysmaak dat ’n stelsel van gelykberegtiging heers.

Die Suid-Afrikaanse politiek is vol voorbeelde hiervan. Gevallestudie een is hoe die heer Jacob Zuma en sy hoeders die staat geplunder het – omdat hulle kon. Terwyl hy sy volgelinge ’n rat voor die oë gedraai het dat hy hierop geregtig is.

Nog ’n sprekende voorbeeld het gister bekend geraak. Altesame R700 miljoen is in 2017-’18 bestee om huidige en voormalige presidente en hul metgeselle, altesame 17 individue, daagliks te beskerm.

Die afgelope drie jaar het die presidente se beskerming belastingbetalers altesame R1,93 miljard uit die sak gejaag!

Die syfer kom teen die agtergrond dat gewone Suid-Afrikaners se veiligheid onder skoot is, ook weens ’n tekort aan polisielede in streke waar misdaad hoogty vier. Die ongelykheid hiervan is skreiend en skokkend. Die DA, wat hierdie besteding as onaanvaarbaar bestempel, vat dit by monde van Zakhele Mbele, woordvoerder oor polisie, nogal raak: Dit is tyd dat die regering besef alle lewens is waardevol en nie net dié van ANC-kaders nie.

All animals are equal, but some are more equal than others.
George Orwell

Bheki Cele, minister van polisie, het in antwoord op ’n DA-vraag gesê 1 328 lede het in 2017-’18 vir die polisie se presidensiële beskermingseenheid gewerk. Volgens die DA se sommetjies beteken dit 81 lyfwagte per individu. Die polisie het teruggekap dat dit nie so is nie aangesien die 1 328 lede ook ondersteuningspersoneel en andere insluit.

Nietemin, die syfer van beskikbare polisielede vir ander Suid-Afrikaners steek sleg hierteen af.

Nyanga (die land se moordhoofstad) in die Wes-Kaap het na raming een polisielid vir elke 628 inwoners. Landwyd is die syfer een polisielid vir elke 369 burgers. Die statistieke weerspieël die verhaal van ’n bestel wat vir hom en sy hoës net die beste toeëien. Terwyl die burgery vir wie hy voorgee om alles veil te hê, die spit moet afbyt.

Met dié soort prioriteit moet hoop nie gevestig word op die ANC-regering om die land reg te ruk nie.

Meer oor:  George Orwell  |  Koste  |  Animal Farm  |  Presidente  |  Sekuriteit  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.