Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Troebel wolke pak saam oor die landbou in Suid-Afrika met die dreigemente van grondonteiening wat ’n werklikheid word.

Grondherverdeling en die emosies wat dit ontlok, is vinnig besig om in een van Suid-Afrika se grootste krisisse te ontaard. En etlike rolspelers moet pa staan vir dié gemors.

Die vonk in die kruitvat vir die jongste opwelling is AfriForum se publikasie van ’n onbevestigde lys van 195 plase wat glo vir onteiening sonder vergoeding geteiken word. Senzeni Zokwana, minister van landbou, bestempel dit as “ ’n daad van sabotasie”. Agri SA sê dis onverantwoordelik om onbevestigde inligting te publiseer wat tot onnodige paniek lei en onsekerheid onder beleggers in die landbousektor vererger.

AfriForum hou vol die lys word in die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming versprei, maar Maite Nkoana-Mashabane, die minister, ontken die bestaan van so ’n “hoogs onverantwoordelike, onregverdige” lys.

Aan die ander kant van die spektrum is die EFF se populistiese rol al oorbelig. Voorts kan pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die ANC die Grondwet gáán wysig om voorsiening te maak vir voorwaardelike grondonteiening sonder vergoeding ook as sabotasie van die debat vertolk word. Nie net het dit die landwye grondgesprekke nietig verklaar nie, maar ook die werk ondermyn van die parlementêre komitee wat oor moontlike wysigings van art. 25 van die Grondwet moet besluit.

Die vraag vir beleggers is of enigeen hoegenaamd tans in grond in Suid-Afrika wil belê.

Die vraag vir beleggers is of enigeen hoegenaamd tans in grond in Suid-Afrika wil belê. Die oorweldigende antwoord sal waarskynlik nee wees. Soos ’n boer dit gestel het, die onbedoelde gevolge van die situasie is dat sy plaas reeds sonder vergoeding ont­eien is omdat niemand dit wil koop nie.

Dit is óók dringend noodsaaklik dat aan die verwagtinge van miljoene Suid-Afrikaners voldoen word wat sonder grond, middele en hoop is. Dié kruitvat kan ook enige oomblik ontplof, soos onlangs in veral Hermanus gesien is.

Twee goed is nodig om die huidige krisis te ontlont: Die departement moet eerstens die amptelike lys van geteikende plase bekend maak om boere se vrese te besweer. Voorts is stemme van rede eerder as onverantwoordelike uitsprake dringend in die debat nodig om te verhoed dat wat moontlik ’n keerpunt ten goede in ons geskiedenis kan wees, ons oor die afgrond laat kantel.

Meer oor:  Gronddebat  |  Boere  |  Anc  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.