Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Michael Masutha.

Net as hoop wil flonker dat die stroom van openbare korrupsie gestuit word, dring die werklikheid deur dat die sluise vir vergrype aan staatsgeld wawyd oop staan.

As dieselfde vindingrykheid met staatsplundery maar net in dienslewering en werk geploeg kon word . . . Telkens is veronderstelde kampvegters vir reg en geregtigheid juis die voorste buiters.

In dié trant is die tyding, by monde van Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, dat vals eise van R56 miljard wat deur die departement van gesondheid uitbetaal is glo deel is van ’n korrupsienetwerk waarby die staatsproku-reur betrek is. Amptenare het vermoedelik met dokters, private prokureurs en konstruksie-werkers saamgespan – in private “skikkings” – sodat eise teen die staat uitbetaal is, al kon die sake dalk in die hof gewen word.

Die slenter sou nie verbaas nie. Dit sou behels dat heulers vir hul gewillige “diens” gunslone opeis.

Die slenter sou nie verbaas nie. Dit sou behels dat heulers vir hul gewillige “diens” gunslone opeis – daardie verraderlike skelmstreek waarmee “tenderpreneurs” omkoopgeld beding.

Hier is R56 miljard – of R56 000 miljoen – ter sprake. Saam met die honderdmiljarde rande wat die land van die destydse Sarafina!-skandaal en die wapentransaksie tot by die Gupzuma-staatskaping, en alles tussenin, kwyt is, is dit geld wat die land moes help bou het. Dit sou gratis (of goedkoper) tersiêre onderrig kon finansier en die omstrede nuwe nasionale gesondheidsplan en onteiening van grond sonder vergoeding oorbodig kon maak.

Of die Zondo-ondersoek na staatskaping iets gaan oplewer, is juis onseker.

Die goeie nuus, soos Masutha aangekondig het, is die presidensie se mandaat aan die spesiale onder-soekeenheid (SOE) om die beweerde konkelry in die kantoor van die staatsprokureur te ondersoek. Die slegte nuus is dat die Seriti-ondersoek na die wapenskandaal Suid-Afrikaners geleer het om korrupsie-ondersoeke nie te vertrou nie.

Of die Zondo-ondersoek na staatskaping iets gaan oplewer, is juis onseker.

As die kultuur van korrupsie nie gedoof word nie, gaan van pres. Cyril Ramaphosa se beloofde “nuwe daeraad” niks kom nie.

Dit sou ook ’n sterk, onafhanklike nasionale direkteur van openbare vervolging verg. Die waarnemende aanstelling van dr. Silas Ramaite boesem in dié opsig nie vertroue in nie.

Meer oor:  Michael Masutha  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.