Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Pravin Gordhan. Foto: Daniel Born / Daily Maverick

Die ingrepe van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, om sake by Suid-Afrika se sukkelende staatsondernemings om te keer, verdien lof.

As afgedankte minister van finansies tydens die Zuptakrasie het hy as parlementêre agterbanker en gewone portefeuljekomiteelid behoorlik die wêreld warm gemaak vir die staatskapers, die korruptes en die onbevoegdes. Hy was goed geplaas om vretendes by die trog in ’n fyn tropiese sweet laat uitslaan, want hy het uiteraard elke moontlike truuk om verantwoordelikheid te ontwyk en jouself te verryk eerstehands gade geslaan by sy eie kollegas en die president onder wie hy gedien het.

Toe Gordhan nog minister van finansies was, het staatsondernemings onder Lynne Brown geval en dit het hom toe reeds erge hoofbrekens besorg. Terwyl daar elke dan en wan geraap en geskraap moes word vir reddingspakkette vir almal – van die SAUK tot die SAL – het Gordhan ingrypende herstrukturering en beter bestuur geëis van staatsondernemings, met Eskom hoog op die agenda.

Dit strek tot sy eer dat hy nou begin uitvoer gee aan dit wat hy destyds al bepleit het.

Dit het egter herhaaldelik op dowe ore geval en sekerlik in geen geringe mate nie bygedra tot Gordhan se uiteindelike afdanking. Dit strek tot sy eer dat hy nou begin uitvoer gee aan dit wat hy destyds al bepleit het. Dié soort vasberadenheid en die wil om die regte ding te doen, het bepaald ’n rare verskynsel in regeringsgeledere geword.

Bygesê, in die konteks van die miljarde der miljarde wat nou al oor sowat twee dekades in die bodemlose put van staatsondernemings gestort is, val die skielike noodsaak vir grondonteiening sonder vergoeding uiters vreemd op.

Vergeet eers vir ’n oomblik van die miljarde wat voorheen begroot en vermors is vir ordelike grondhervorming deur die aankoop van grond teen billike pryse en die ondersteuning van opkomende boere om produktief en winsgewend te kan boer.

Selfs al neem jy net die bedrae in ag wat op staatsondernemings vermors is, is Suid-Afrikaanse burgers op ’n verbluffende skaal ontneem.

Ironies dan dat die dryfveer vir onteiening sonder vergoeding juis lê in historiese ontneming. Sou dit werklik nodig wees sonder hedendaagse ontneming? Dít is ’n vraag wat die ANC-regering eerlik moet beantwoord.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Anc  |  Ondersoek  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.