Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Oudpres. Jacob Zuma Foto: Felix Dlangamandla

Dat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sy hande vol gaan hê, is nie altemit nie. Die uitbuiting van stelsels vir verskaffingsadministrasie én meer direkte aanslae op die staatskas oor die jare heen is omvangryk en verweef. En van getuies in die web van plundering is ontwyking en verwarringstaktiek te wagte.

Dit het die geregtelike kommissie langer as ses maande (die aanvanklike werktermyn) geneem om sy struktuur en stelsels te vestig, maar die tekens is bemoedigend.

Adv. Thuli Madonsela, vorige openbare be-skermer, het in haar verslag die grondslag vir ’n ondersoek na staatskaping gelê. Voorts het regter Raymond Zondo, Suid-Afrika se tweede mees senior regsamptenaar, vyf gedugte kommissarisse en ervare ondersteuningspersoneellede in sy span; die spertyd vir die ondersoek is tot ’n realistiese twee jaar verleng en die kommissie sal “geen gebrek aan geld” hê nie. (Met besteding sal die kommissie hopelik die voorbeeld stel.)

Dit is ook welkom dat hy sake deurlopend na die nasionale vervolgingsgesag kan verwys en nie net eers ná die afhandeling van sy werk nie.

Die kommissie het nie die gesag om vervolging in te stel nie, maar kan ingevolge die Kommissie-wet getuies laat dagvaar om te verskyn, persele te laat deursoek en eis dat dokumente verskaf word.

Dit is ook welkom dat hy sake deurlopend na die nasionale vervolgingsgesag kan verwys en nie net eers ná die afhandeling van sy werk nie.

Die eerste twee dae van die verrigtinge – met Willie Ndeleni Mathebula, verkrygingshoof van die tesourie, wat die getuienis ingelui het – hou die belofte in dat dit die kommissie se erns is om deur-tastende werk te verrig. Dit sou nie anders kon nie. Suid-Afrika het ’n akute behoefte aan ’n beslis-sende omkeer weg van die kanker van staatskor-rupsie.

Hiervoor sal die kommissie welslae moet behaal met sy algemene taak, naamlik om vas te stel of “staatskaping” wel voorgekom het en, indien wel, spesifiek watter rol oudpres. Jacob Zuma en die familie Gupta (glo met omkopery) daarin het.

Soos in die Life Esidimeni- en Sassa-verhore hoor die Zondo-kommissie getuienis in die openbare oog aan. Dit hou groot politieke waarde in.

Zuma het aangedui hy sou nie onwillig wees om te getuig nie. Suid-Afrika wag op die dag dat Nommer Een en sy netwerk van presidensiële hoeders die getuiebank betree.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Hoofartikel  |  Staatskaping  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.