Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Christo Scholtz en John Block ten tyde van hul verhoor. Foto: Emile Hendricks

Die tronkstraf van 15 jaar vir John Block, gewese Noord-Kaapse ANC-leier en LUR vir ekonomiese sake, en die Gautengse sakeman, Christo Scholtz, behoort vir skelm politici én sakelui ’n les en waarskuwing te wees. Die ANC moet ook kennis neem van die appèlhofuitspraak én vonnis van sy hoë lid wat eens vir die Noord-Kaapse premierskap geoormerk was.

Die volbank appèlregters wat Maandag die vonnisse bekragtig het, het dit onomwonde gestel dat Block en Scholtz, direkteur van die Trifecta-maatskappy, van beter moes geweet het.

Block het sy politieke magsposisie misbruik en homself deur korrupsie verryk. Die minimum-vonnis van 15 jaar is ’n ondubbelsinnige boodskap dat korrupsie deur politici in hoë poste nié geduld sal word nie, het die regters gesê.

In Block se geval het die wiel van geregtigheid volsirkel gedraai. Van ’n magtige politikus het hy tot ’n gevangene geval.

Die tragiek is die magsmisbruik en selfverryking in die Trifecta-sage is ’n druppel aan die emmer.

Die tragiek is die magsmisbruik en selfverryking in die Trifecta-sage is ’n druppel aan die emmer. Magsmisbruik en korrupsie deur invloedryke ampsdraers duur landwyd voort, ondanks enkele suksesvolle vervolgings soos hierdie en pres. Cyril Ramaphosa se skoonmaak- en regrukaksies in die regering en verwante instellings.

Die ANC het met sy aanstelling en beskerming van meestal onbekwame maar gedienstige kaders die teelaarde hiervoor geskep. Die netwerk van stropery het in die staatskapings-era onder oudpres. Jacob Zuma gefloreer.

Net soos Zuma en ander hoë meelopers in verdagte konkelary tot die bitter einde in partygeledere beskerm is, is John Block vir te lank gepamperlang en in sy leiersposte aangehou.

Die ou verskoning van “onskuldig totdat skuld bewys is”, knou die party se geloofwaardigheid en kom die land duur te staan. In ’n ware demokrasie word van ampsdraers onder verdenking verwag om hul poste summier te ontruim sodat die staat onaangetas bly.

Korrupsie moet uitgeroei word, het pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek in die parlement gesê.

Dit sou net met welslae kon geskied indien skuldiges, soos in die geval van Block, ongeag hul politieke bande aan die pen ry.

Meer oor:  John Block  |  Tronkstraf  |  Hoofartikel  |  Korrupsie  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.