Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Suid-Afrika het ’n week van hoogdrama oor die grondonteieningsage, wat ook internasionaal opslae gemaak het, agter die rug.

Nadat pres Donald Trump van Amerika op sy gunsteling-seepkis, Twitter, gesê het hy laat ondersoek instel na onder meer Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid, het pres. Cyril Ramaphosa hom op sy beurt gou tot die Britse Financial Times gewend om duidelikheid oor sy regering se standpunt te verskaf en beleggers, boere en ekonome gerus te stel.

Trump se bron van inligting is glo hoofsaaklik die regse Fox News-televisiekanaal, wat ook destyds deur Ernst Roets en Kallie Kriel van AfriForum gebruik is om stemming vir hul standpunt oor ’n “boere-volksmoord” te maak. Trump is intussen daarvan beskuldig dat hy rassevure in Suid-Afrika stook. Daar is ook ’n moontlikheid dat hy Suid-Afrika uit die Agoa-handelsooreenkoms kan skop wat ons land tot groot nadeel sal strek.

Dit is werklik jammer dat Ramaphosa nie sy eie media gebruik het om die regering se benadering tot grondherstel uit te stippel nie. Sy landgenote wag al hoe lank op sekerheid uit owerheidsweë oor dié kwessie. Tog het dié internasionale standpuntstelling baie gehelp om plaaslike rolspelers én internasionale beleggers se polsslag te normaliseer.

In sy meningsartikel benadruk Ramaphosa dat die staat geen grondgrypery sal goedkeur, beleggings sal ondermyn of landbouproduksie en voedselsekerheid sal benadeel nie. Voorts sal die regering teen alle wetsoortreders optree en eiendomsregte versterk, ook van diegene wat tans geen eiendom besit nie. Hy ontken ten sterkste dat die doelwit is om alle grond te nasionaliseer, soos wat die EFF beoog.

Intussen het ’n belangwekkende beraad van kommersiële en opkomende boere in Limpopo plaasgevind. Dit is deur Agri SA en Landbouweekblad gereël. Aankondigings oor hegter samewerking tussen die presidensie en die landboubedryf en ’n herstelplan vir die landbou en die ekonomie word verwag.

Dit is sulke interaksie tussen meelewende rolspelers wat Suid-Afrika nodig het om sy probleme te takel. Ingryping “van bo” en “van buite” het, soos die laaste weke bewys het, een van ons grootste bestaanskrisisse sedert 1994 ontlok.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.