Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die tyding dat amper 4 000 vroue en kinders in die boekjaar 2017-’18 vermoor is, is ’n skandvlek op die Suid-Afrikaanse samelewing.

Die getal moorde op vroue het landwyd met 11% toegeneem en op kinders met 17,4%.

Altesaam 3 915 vroue en kinders is in 2017-’18 vermoor, het die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie eergister aangehoor.

Die moorde op vroue het sedert die vorige boekjaar van 2 639 tot 2 930 en op kinders van 839 tot 985 in 2017-’18 gestyg. Soos die komitee, by monde van Francois Beukman (voorsitter), laat blyk het, weerspieël dié skoksyfers die samelewing se morele karakter.

Die syfers is boonop in Vrouemaand bekend gemaak.

Wat help dit Suid-Afrikaners gedenk elke jaar ’n Vrouedag en ’n Vrouemaand as dit bloot beteken dat ’n rits goed bedoelde toesprake afgesteek word, maar gewelddadige gedrag jeens vroue en kinders neem net toe?

Die erkenning van Bheki Cele, minister van polisie, dat polisielede dikwels nie weet hoe om slagoffers van gesinsgeweld te hanteer nie, is skokkend. Hy meen opleiding is belangrik, maar in die lig van die voortgesette krisis is die vraag hoekom dit nie lankal by opleidingskolleges en tydens indiensopleiding voorkeur geniet nie?

Altesaam 3 915 vroue en kinders is in 2017-’18 vermoor, het die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie eergister aangehoor.

Oor manlike geweldenaars se psige en die redes daarvoor kan boekdele geskryf word. Voeg hierby wetteloosheid en verval, gebrekkige politieke wil, gelate aanvaarding – en meedoening – deur die gemeenskap en ontoereikende maatskaplik-ekonomiese toestande, en ’n teelaarde vir geweld gedy.

Vanjaar se Vrouedagvieringe is aan die ANC-strydros Albertina Sisulu opgedra. Sy was ’n passievolle kampvegter vir vroueregte, hul waardigheid en dat hulle met respek behandel moet word. Die teenoorgestelde gebeur in ’n land waar daar bitter min respek vir menselewens oor die algemeen is, wat nog te sê van vroue en kinders.

Díe woorde van Nelson Mandela geld: Ons is aan ons kinders ’n lewe sonder geweld en vrees verskuldig. Dieselfde geld vroue en hieroor moet diepe selfondersoek geskied.

Terwyl getalm word, groei die slagoffertal.

Meer oor:  Kindergeweld  |  Ouergeweld.. Geweld  |  Aanklag  |  Geweld  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.