Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
06 September 2018
Foto: Deaan Vivier

Pres. Xi Jinping van China se aankondiging van infrastruktuurbelegging van sowat R933 miljard ($60 miljard) in Afrika spoor die snelgroeiende Oosterse tier se opmars hier aan. Dit word gevoeg by die R2 250 miljard wat China sedert 2000 in dié vasteland ingeploeg het.

Ook handelsbande tussen Suid-Afrika en China, reeds sy grootste vennoot, is onder die loep. Dit kom ná Jinping se onlangse Brics-besoek hier, China se Eskom-lening van R33 miljard en pres. Cyril Ramaphosa se optrede op die afgelope beraad vir Afrika-en-China-samewerking in Beijing.

Soos te wagte, verwelkom Ramaphosa die Chinese bydrae wat Afrika “kan help om ’n dinamiese krag in die wêreld te word” en verwerp hy dit dat ’n nuwe soort kolonialisme geskep word. Op sy beurt ontken China hy is ’n “ekonomiese roofdier in Afrika”.

Die Chinese deelname strook met die sikliese aard van bilaterale moondhede se soeke na wedersydse voldoening van onder meer ekonomiese vraag en aanbod. Ook Brittanje en Frankryk wys hernieude belangstelling in Afrika.

Die ontvanger moenie in die weldoener se sak beland nie.

China se omvangryke toetrede is wel enig en spreek van Afro-optimisme. Sy belegging in infrastruktuur moet Afrika, as ’n vasteland van die toekoms, bemagtig om sy ekonomie te laat groei. Dit kom in ruil vir grondstowwe, olie, produkmarkte en die uitruiling van kapasiteit.

Tog dien lande op stuk van sake hul eie belange eerste en jaag beleggers opbrengste na. Die ontvanger moenie in die weldoener se sak beland nie. Die voorwaardes in die fyn druk moet in die gees van gesonde internasionale betrekkinge en wedersydse voordele bestuur word.

Soos die res van Afrika kan Suid-Afrika nie bra bekostig om die Chinese hand van uitreiking te weier nie. Veral waar die verhouding dan, by monde van Ramaphosa, op “gelykheid, vertroue en gemeenskaplike respek” gegrond is.

Suid-Afrika met sy anoreksiese ekonomiese groeikoers van 1% per jaar sedert 1990 spartel met resessie. Daar is lesse te leer – oor onder meer produktiwiteit en stelselbestuur – by China, wie se ekonomie sedert 2000 met 8,55% per jaar groei.

Terselfdertyd moet in gedagte gehou word die Chinese tier gaan hom nie bloots laat ry nie.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  China  |  Finansiering  |  Hoofartikel  |  Lening  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.