Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Reuters

Landbou word spesifiek in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) bestempel as ’n sektor met enorme groeipotensiaal wat kan help om baie werk in veral landelike gebiede te skep.

Tot nou toe was dit die landboubedryf wat die grootste positiewe bydrae tot groei in die bruto binnelandse produk (BBP) gelewer het.

Landbou dra by tot voedselsekerheid, verdien buitelandse valuta, betaal salarisse aan sowat 850 000 mense én hou die ekonomie van landelike dorpe grotendeels aan die gang.

Maar dié stukrag van groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die tweede kwartaal met 29% ingekrimp – en gehelp om die land in ’n tegniese resessie te dompel.

Hoewel die inkrimping deur landbou-ekonome hoofsaaklik aan faktore soos die droogte in die Wes-Kaap en ’n kleiner somergraanoes toegeskryf word, sê hulle ook die impak van onsekerheid oor die regering se grondplanne sal vorentoe beslis in dié sektor gevoel word.

Die daling in die landbou-BBP behoort pres. Cyril Ramaphosa opnuut te laat besin oor die gevaarlike rigting waarin hy besig is om die sektor te druk.

Die daling in die landbou-BBP behoort pres. Cyril Ramaphosa opnuut te laat besin oor die gevaarlike rigting waarin hy besig is om die sektor te druk.

Solank die Grondwet nie private eiendomsreg beskerm nie, sal dit aan enige toekomstige regering die reg gee om énige eiendom van énigeen sonder rede te onteien.

Boerdery verg ’n hoë insetkoste en skuld is ’n bron van finansiering in landbou. Sonder duidelikheid oor die risiko’s van onteiening sonder vergoeding, sal geen landboubelegger enige kanse waag met hul geld nie.

In die NOP word ook gesê grondhervorming moet voedselsekerheid uitbou. Sonder die skep van ’n sakevriendelike omgewing sal dit nie gebeur nie. Daarvoor moet die regering sy grondhervormingsplanne ordelik, deursigtig en binne ’n grondwetlike en demokratiese raamwerk laat geskied.

Daar is dus ’n wesenlike gevaar dat die landbou-ekonomie verder sal inkrimp en die ekonomiese groei wat Suid-Afrika so nodig het, laat skipbreuk ly. Dit sal ’n jammerte wees, want die landbou hou die sleutel tot enorme geleenthede vir alle Suid-Afrikaners. Die feit dat ons ’n wêreldklas-landbousektor hier tot stand gebring het ondanks geweldige uitdagings, bewys dit.

Maar die huidige onsekerheid oor onteiening van grond sonder vergoeding hou enorme risiko’s in vir ’n sektor wat feitlik geen hulp van die regering kry nie en boonop uitgelewer is aan onvoorspelbare klimaatstoestande en die nukke en grille van die wêreldekonomie.

Daarom is dit nodiger as ooit dat die regering hom nie steur aan populistiese uitsprake nie en die versoeking weerstaan om die grondtroefkaart by die stembus te speel. ’n Sektor wat voedsel vir meer as 56 miljoen monde produseer, is op die spel.

Meer oor:  Ekonomie  |  Landbou  |  Resessie  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.