Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die vraag waarmee die DA pres. Cyril Rama-phosa voor die Zondo-kommissie van onder-soek na staatskaping wil daag, is ’n voltref-fer. Want hoe op dees aarde kon die ANC nie van staatskaping geweet het nie?

Ingevolge die DA se versoekskrif wil die party hê Ramaphosa moet voor die Zondo-kommissie getuig oor hoekom hy die ANC-staatskaping so lank on-der sy neus toegelaat het. Dit is gegrond op getuie-nis voor die kommissie wat dit, volgens die DA, duidelik stel die hele ANC, onder andere Rama-phosa, het geweet van die diefstal, maar dit nie gekeer nie.

Inteendeel, die staatskapingsprojek is gebore, vertroetel en gekoester onder die neuse van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, die Zuma-kabinet en die ANC-koukus, sê die DA.

Die pleidooi van onkunde is gewis ’n flou stukkie ontkenningsteorie. Nie net het die res van die ANC geweet nie, maar staatskaping jare lank vergoeilik.

Die deler is immers net so goed as die steler.

Die deler is immers net so goed as die steler.

Die DA se goëlbal tref seer. Die pynlike vraag oor die bestaansaard van die ANC is of hy in wese organies korrup is. Jy is tog korrup of jy is nie.

Die Zondo-kommissie, Nugent-kommissie en parlementêre ondersoeke skuif wel die klem van toesmeerdery na die openbaarmaking van buitery. En enkeles het al in die slag gebly, van wie Vittorio Massone, Bain & Vennote se hoof in Suid-Afrika, die jongste is weens sy systappery van blaam vir die fiasko met die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Maar die ANC verbrou ook met die vraag: “Wie bewaak die wagters?”, wat die ou Romeinse digter Juvenal gestel het. Verlede week is dit onthul Vincent Smith, ANC-LP wat in parlementêre wag-hondkomitees dien, het ’n “lening” van die omstre-de Bosasa gekry. En die naweek het dit geblyk Bosasa het talle ANC-kabinetslede en regerings-amptenare met gesofistikeerde veiligheidstelsels vir hul huise “getrakteer”.

Die antwoord op die vraag of die ANC korrup is, is dus ’n ongelukkige ja. Solank as wat botsende belange ontken en agter die ekskuse van “sub judice” of “onskuldig tot andersins bewys” geskuil word en die party van verdagte lede deurspek is.

Van Ramaphosa word eintlik verwag om die on-verdedigbare voor die Zondo-kommissie te moet gaan verduidelik.

Meer oor:  Anc  |  Cyril Ramaphosa  |  Korrupsie  |  Zondo-Kommissie  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.