Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Vir die eerste keer sedert September word Suid-Afrika se verwagte ekonomiese groei vir vanjaar op minder as 1% geraam.

Verlede maand nog het die ekonome wat deelneem aan Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad se Ekonoom van die Jaar-wedstryd dit op 1,34% geraam. Maandag is bekend gemaak hul voorspelde gemiddelde is nou 0,97%.

Die Wêreldbank het reeds verlede week die land se verwagte maksimum groei op 1% vasgepen en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het sy verwagting gister as 0,8% aangedui.

Die IMF rig ook ’n kwalik bedekte waarskuwing oor die stand van politieke stabiliteit in die land deur te sê die vooruitsigte vir Suid-Afrika bly beskeie in die aanloop tot die verkiesing in 2019.

Boonop het die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se Sentrum vir Risiko-ontleding bevind Suid-Afrika ervaar tans die langste dalende sakesiklus sedert 1945.

Dit is duidelik dat unieke strukturele probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie ontstaan het wat die land se groei kniehalter.

Uiteraard kan Suid-Afrika nie in isolasie van die res van die wêreldekonomie beoordeel word nie. En daar word óók ’n verlangsaming in groei voorspel, maar steeds op ’n vlak van 3,7% vir vanjaar en volgende jaar, volgens die IMF.

“Dit is nogal angswekkend, want die res van die wêreld groei en ons nie. Ons kan dit nie bekostig nie,” is die ekonoom Mike Schüssler se kommentaar.

Dit is duidelik dat unieke strukturele probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie ontstaan het wat die land se groei kniehalter. Dit is onder meer die gevolg van ideologiese mistastings, staatskaping en eenvoudig swak toepassing van ewe swak ekonomiese beleid.

Ook is daar ondanks die huidige groter gees van nugterheid in die presidensie steeds onsekerheid en agterdog oor wie werklik die septer in die land swaai. En of daar werklik ’n politieke wil is om vrome ekonomiese voornemens – waarin al die regte geluide gemaak word – in die praktyk deur te voer.

Dit wil begin lyk asof waarnemers, wat twyfel of pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket genoeg gaan wees om nuwe lewe in die ekonomie te blaas tog reg is. Iets gaan drasties anders gedoen moet word en nuwe denke is vorentoe nodig.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Finansies  |  Stimilusplan  |  Hoofartikel  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.