Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
VBS Mutual Bank se kantore in Rivonia, Johannesburg.

Die skandalige strooptog by VBS Mutual Bank stel ’n paar belangrike kwessies aan die orde:

Eerstens moet spoedig duidelikheid gekry word oor hoe arm mense, bejaardes en sukkelende munisipaliteite wat aan die neus gelei is om by VBS te bank, geraak word as die bank gelikwideer word. Die diefstal van R1,89 miljard tussen 2015 en vanjaar gaan waarskynlik hier die hardste tref.

Tweedens het die EFF baie om te verduidelik. Julius Malema was vandeesweek nog baie luidrugtig oor Nhlanhla Nene se vergaderings met die Gupta-familie en het só bygedra tot die openbare druk op die finansminister en dat hy sy pos kwyt is.

Nou wys die vinger in die ander rigting met be­werings dat die EFF ook geld van VBS gekry het. Brian Shivambu, broer van Floyd Shivambu, EFF-onderleier, het na bewering R16 148 569 van VBS ontvang. Luidens berigte het Malema, Floyd en die EFF ook aan die ontvangkant gestaan.

In ag genome die streng hantering wat hulle in die Nene-geval geëis het, moet Malema en Floyd eerder van hul partyposte afstand doen tot tyd en wyl hul onkreukbaarheid bewys is.

Dit is duidelik dat die bedrae wat in die verslag genoem word eintlik maar net die oortjies van die seekoei is.

Derdens is dit duidelik dat die bedrae wat in die verslag genoem word eintlik maar net die oortjies van die seekoei is. Adv. Terry Motau SC, wat die ondersoek gelei het, sê dit is eintlik onmoontlik om vas te stel hoeveel geld gesteel is.

Juis teen dié agtergrond moet die presiese voorwaardes en terugbetalingskedule van die bank se destydse lening aan Jacob Zuma om ’n deel van die Nkandla-geld terug te betaal, gefynkam word.

Reeds met die toestaan van die lening het finansiële kundiges vrae gehad oor die gronde daarvoor en die 74-jarige Zuma se vermoë om die geld in sy leeftyd terug te betaal. Vraag is: Was dié “lening” dan nie maar eintlik ’n “skenking” nie?

Die bedenklikheid van dié lening kry nuwe betekenis in ag genome die feit dat Andile Ramavhunga, destydse uitvoerende hoof van VBS, indertyd persoonlik en onomwonde die versekering gegee het dat alles wel pluis is met die lening. Maar dis die einste Rama­vhunga wat na bewering self R29 miljoen van VBS se geld gekry het, weet ons nou.

Die gereg moet waar nodig sy beloop neem, want die publiek verdien om die volle waarheid te hoor.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Skandaal  |  Korrupsie  |  Stroping  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.