Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Een van Eskom se kragstasies.

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat Eskom dringend in drie afsonderlike sake-eenhede verdeel word, is ’n stap in die regte rigting, maar dit kan steeds te min te laat wees.

Daar is heelwat onsekerheid oor presies hoe en hoe vinnig dié proses gaan verloop. Daar is sprake daarvan dat die drie entiteite elk hul eie direksie sal kry, wat indruis teen die beweegrede agter die stap om bedryfskoste by Eskom te sny.

Wat Ramaphosa duidelik katvoet hanteer het in sy staatsrede, is die kwessie van Eskom se opgeblase werkmag. Dit is duidelik ’n politiek- en verkiesingsverwante huiwering om nie te veel klem te lê op die noodsaak dat Eskom sy werkmag sal moet sny nie.

Eskom het tien jaar gelede 224 366 gigawatt-uur se elektrisiteit opgewek en 35 404 werknemers daarvoor nodig gehad. Die afgelope boekjaar het Eskom 221 936 gigawatt-uur se krag opgewek en sy personeelgetal is 48 628. Dit maak nie sin nie. Hy wek 1% minder krag op as tien jaar gelede, maar sy personeeltal is ’n allemintige 37% meer.

Vakbonde beskou dit as die eerste stap in die uiteindelike privatisering van Eskom.

Eskom erken self hy sal sy arbeidsmag met tot ’n derde moet sny, maar die militante vakbonde staan en wag vir hom en Ramaphosa as hulle dit gaan durf waag om werkers af te lê.

Die gewelddadige loonstaking verlede jaar het op kragonderbrekings en heelwat skade aan Eskom se infrastruktuur uitgeloop. Al sweer die president hoog en laag dat die arbeidsektor “betekenisvol gekonsulteer” sal word oor die herstrukturering, beskou die vakbonde dit as die eerste stap in die uiteindelike privatisering van Eskom.

Of Eskom nou in private of staatsbesit is, die eens trotse nutsmaatskappy sal moet aanpas by ’n snelveranderende energiemark waar nuwe tegnologie die bestaande modelle ontwrig.

Werkers in steenkoolmyne en by steenkoolkragstasies gaan met reg ’n onseker toekoms in die volgende paar dekades binne, maar met inisiatief en strategiese belegging kan hulle wel nuwe vaardighede aanleer.

Maak nie saak hoe goed die planne vir ’n finan­sieel gesonde Eskom is nie, wat sy redding gaan maak of breek, is in die hande van vakbondleiers en die werkers self.

Volwassenheid en ’n beter begrip van hoe die ekonomie werk, is hier dringend nodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.