Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die slagspreuk vir vanjaar se verkiesing. Foto: Christopher Moagi

Met die verkiesingsdatum vir 8 Mei vasgepen en partye wat hul manifes bekend gestel het, breek die seisoen van kiesbeloftes aan.

Volgens die Verkiesingskommissie het 285 partye, insluitende 84 nuwes, hulle vir die verkiesing geregistreer en is daar nagenoeg 21,5 miljoen kiesers op die kieserslys.

In die komende maande gaan die partye voluit na kiesers se kruisies vry, hul eie lof besing en hul opponente se verdienste verdag probeer maak.

Kiesbeloftes, verdigsels, wenslyste, heftige ver-oordeling van meningspeilings waarvan die uit-slae nie met partye se projeksies strook nie, slegsê-praatjies en vlerkslepery (met die oog op koalisies) gaan volop wees.

Te midde van kieskoors klink die stemme toene-mend op, ook in briewekolomme, van kiesers wat sê hulle weet nie vir wie om te stem nie.

Soos verwag kan word, soek kiesers na ’n party wat hul belange die beste kan dien.

Soos verwag kan word, soek kiesers na ’n party wat hul belange die beste kan dien. Vir baie is dit in 2019 by gebrek aan ’n klinkklare voorkeurparty eerder ’n keuse vir wie om nié te stem nie.

Of hulle oorweeg na gelang van behoefte verskillende stemme op nasionale en provinsiale vlak.

Dit sou diegene geld wat nie weet hulle gaan beslis vir, sê nou maar, die ANC, DA, EFF of VF Plus stem nie.

Vir sommige sou dit ’n keuse tussen die ANC en die EFF kon beteken en vir ander ’n keuse tussen die ANC of die DA. Daar is ook diegene vir wie dit sou kon lê tussen die DA en die VF Plus.

Struggle-lojaliteit, ontnugtering, aspirasies, vrese, belangepolitiek en aanklank by die leier is faktore ter oorweging. Kiesers behoort egter te onthou ’n leier en sy party is nie te skei nie.

Die ekonomie, grondkwessie, korrupsie en staatskaping (insluitende ondersoeke daarna), werkloosheid, armoede en dienslewering is van die kwessies wat kiesers in hul keuse behoort te oor-weeg. Sommige vind aanklank by die raskaart.

Indien kiesers hulle deur demokratiese waardes laat rig, speel menswaardigheid, gelykberegtiging, die oppergesag van die Grondwet, verbintenis tot ’n regstaat en gemeenskaplike burgerskap ’n rol.

Hoofsaak is dat hulle ’n vrye stemkeuse het.

En dat hulle dit gaan uitoefen eerder as om weg te bly op 8 Mei, wanneer die betroubaarste meningspeiling van elke vyf jaar weer plaasvind.

Meer oor:  Verkiesing  |  Kiesers  |  Stemme  |  Politieke Partye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.