Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Ace Magashule
Ace Magashule.

In ’n nuwe boek word Ace Magashule, die ANC-sekretaris-generaal, se aanvoorwerk van ’n misdadige netwerk van kontrak- en tenderbedrog en geldwassery neergepen en ontstaan vrae opnuut oor of die party gebore in staat is om hom uit sy web van magsvergrype, selfverryking en korrupsie inkluis, te wikkel.

As sodanig is Gangster State – Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture, nog ’n baken in die verhaal van ’n party wat so agteruitgeboer het dat nie eens die bevrydingsglorie waarin hy so graag baai, sy morele bankrotskap kan verberg nie.

Die party se verweer – of Magashule s’n? – van ’n sameswering en die verdagmaking van die joernalis is ’n moeë verskoning. Oor onnodige Vrystaatse “projekte” is dikwels berig. Hope verdwene geld en die gehawende stand van die provinsie wys die Vrystaat se welstand was nie die motief vir die verbeelde inisiatiewe nie.

Sy meesterskuif was die sentralisering van provinsiale departemente se begrotings in die premierskantoor, van waar dit beheer is.

Die ANC het hom eers as Vrystaatse premier uitgehou, maar sedert sy aanstelling in 2009 is die sluise van onderduimsheid oop. Die provinsie is as ’n bakermat van staatskaping gevestig met die Guptas se Waterkloof-landing wat van daar georkestreer is.

’n Weersin in gesonde staatsbestuur en verkrygingsadministrasie en die inkopery van dienswilliges deur gunslone en “skenkings” het “Ace Ten Percent” se heerskappy gekenmerk. Sy meesterskuif was die sentralisering van provinsiale departemente se begrotings in die premierskantoor, van waar dit beheer is.

Nes Jacques Pauw in The President’s Keepers, het Pieter-Louis Myburgh in dié boek die kolletjies verbind en die geld gevolg. Die resultaat weerlê die ekskuus van “onskuldig totdat andersins bewys is”. Daar is bewyse, maar te min politieke wil.

Ná die “nuwe daeraad” van Cyril Ramaphosa, as leier van die ANC-lede wat sê hulle is gekant teen korrupsie en verbind tot grondwetlike demokrasie, was die vraag of die party minstens gedeeltelik bo versoeking en euwel sou kon herrys.

Terwyl ’n aartskonkelaar vanuit Luthuli-huis partysake – en kandidatelyste! – beheer, is die antwoord nee. Die onwil om van die oënskynlik onaantasbare Magashule ontslae te raak, laat twyfel oor die ANC se eerbare bestaansreg verdiep.

Gangster State verdien lof as nog ’n bydraetot die verbete poging om dieeens geroemde Suid-Afrikaanse demokrasie in stand te hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.