Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Die onderverhaling van R57,4 miljard se belastinggeld in die jaar tot einde Maart wys in rand en sent hoe groot die skade is wat Tom Moyane in die era van staatskaping by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aangerig het.

Terselfdertyd wys dit hoe groot die uitdagings is wat nou vir Edward Kieswetter, nuwe kommissaris, voorlê wanneer hy sy pos op 1 Mei betrek.

Die bevindings van die Nugent-kommissie wys duidelik hoe omvangryk staatskaping by die SAID was en dat dit tot in die hart van die staatskas gestrek het. Hierbenewens is dit ’n somber aanmaning oor hoeveel werk nog voorlê om die SAID te herbou.

Ná Moyane se afdanking as kommissaris was daar weliswaar tekens dat erns gemaak word met die goeie aanbevelings van die Nugent-kommissie om die SAID-huis weer in orde te kry.

Dit gaan wel nie oornag gebeur nie, want in ’n groot mate is mense se bereidwilligheid om belasting te betaal gekoppel aan die vertroue wat hulle in die belastinggaarder self stel.

Op dié gebied het die SAID onder Pravin Gor­dhan puik werk gedoen om geloofwaardigheid te bou en om, spesifiek met eFiling, dit vir mense makliker te maak om hul kant te bring.

Intussen kan die dringendheid van die krisis by die SAID kwalik oordryf word.

Dit is helaas dié geloofwaardigheid van die SAID, een van postapartheid se grootste suksesverhale, wat op groot skaal gesneuwel het weens staats­kaping by die SAID.

Hierbenewens het die SAID met Moyane aan die stuur aansienlike talent verloor wat nou met moeite teruggelok moet word.

Intussen kan die dringendheid van die krisis by die SAID kwalik oordryf word.

In vele opsigte is die Februarie-begroting reeds ’n krisisbegroting, wat die gevolge van staatskaping ongedaan moet help maak. Maar die feit dat die begroting ter tafel gelê is, beteken nog nie dat die geld al daar is nie.

Dit is nou die SAID se taak om die geld te gaan insamel, maar om dít te doen én die inkomstediens te herbou, gaan ’n bietjie wees soos om ’n vliegtuig se enjin midde-in ’n vlug te herstel.

Dit is immers reeds die vyfde agtereenvolgende jaar dat die SAID sy insamelingsteiken hopeloos mis. As dié neiging voortduur, wag ’n bose spiraal van verdere afgraderings en groeiende staatskuld.

Meer oor:  Tom Moyane  |  Hoofartikel  |  Staatskaping  |  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.