Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Foto ter illustrasie.

Suid-Afrikaners het reeds kennis geneem wat die gevolge is van die kaping van die nasionale vervolgingsgesag, die Valke en die polisie. Korrupte politici en staatsamptenare het hulself na hartelus verryk sonder enige gevolge. Dit met selfs ’n president aan die voorpunt.

Ook het dit maatskappye, hul direksielede en bestuurslui die geleentheid gegee om die hand ook diep in die kasregister te steek, meermale ten koste van beleggers in hul aandele.

Nog ’n gevolg van die vakuum van verantwoording is die gewetenlose beskadiging en plundering van ons omgewing.

Daarom is die skuldigbevinding van die oliereus BP in die Pretoriase hooggeregshof aan ernstige omgewingsoortredings te verwelkom. Dit volg op die oprigting van agt vulstasies in Gauteng sonder die nodige omgewingsgoedkeuring.

Die hofaansoek is histories omdat dit die eerste keer in die SA regsgeskiedenis is dat ’n groot maatskappy deur private vervolging aan omgewingsoortredings skuldig bevind is

Die hofaansoek is ook histories omdat dit die eerste keer in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis is dat ’n groot maatskappy deur private vervolging aan omgewingsoortredings skuldig bevind is. Die omgewingsgeregtigheidsgroep Uzani Environmental Advocacy (UEA), wat die vervolging onderneem het, verdien groot lof daarvoor en sal hopelik toenemend steun van die besorgde burgery ontvang.

Kommerwekkend is die rede vir die besluit om privaat te vervolg: UEA kon geen samewerking van die departement van omgewingsake kry nie. Die gebrek aan prioriteit wat die huidige regering aan omgewingsake gee, word duidelik verklaar deurdat een van die organisasie se kaders oor wie ’n wolk van korrupsie hang, Nomvula Mokonyane, in die kabinetsportefeulje geparkeer is. Dit nadat sy die land se waterwesedepartement in ’n skandelike warboel van wanfunksionele staatskaping agtergelaat het.

Regter Brian Spilg het in sy uitspraak onder meer gesê “omgewingsbewaring is lankal nie meer die eksklusiewe verantwoordelikheid van diegene wat daarin bedrywig is, dié van ’n duistere administrasie of dié van ’n onbevoegde en potensieel ge­ïnhibeerde wetstoepassingsagentskap nie”.

Die UAE het landwyd reeds sowat 2 500 sake geidentifiseer wat hof toe behoort te gaan. Die geveg om die redding van ons omgewing het so pas begin.

Meer oor:  Bp  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.