Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
boekbekendstelling, gangster state
Betogers Dinsdagaand in die Exclusive Books-tak in Sandton waar hulle die bekendstelling van Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State ontwrig het. Foto: Felix Dlangamandla

Die boewery van betogers met plakkate ter ondersteuning van Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, op die boekbekendstel­ling van Gangster State dra ysingwekkende gevaartekens van ’n totalitêre diktatuur wat nie die waarheid duld nie. Die uitskeur van skeur van blaaie uit die boek wat Magashule se vergrype ontbloot, tesame met die Vrystaatse ANC-jeugliga se dreigement dat hy alle eksemplare van die boek gaan verbrand, druip van minagting vir spraakvry­heid en die Grondwet.

Politieke rampokkers neem dié soort sensuur as uitvlug as die boom uit hul propaganda val. Dis ’n boosaardige kenmerk van drakoniese polisie­state en hoort nie in ’n demokrasie nie. Veral een waar “bevry­ding” in geskiedkundige konteks ver­onderstel is om algehele deursigtigheid en nie-diskriminasie te waarborg.

In die ergste graad dra die boekboewery die kiem van Hitleriaanse verdrukking. Die Verenigde State se Jodevolksmoord-gedenkmuseum in Washington DC stel die ontstaantyd van dié menseslagting juis as 1933 toe Nazi-jeugdiges (bekend as die Hitler-jeug) as deel van ’n amptelike program landwyd boeke verbrand het. Die skrywer Heinrich Heine se aanhaling dien as wekroep: “Dáár waar hulle boeke verband, verbrand hulle eindelik mense.”

Die ironie der ironieë is dat die ANC ook sê hy veroordeel dit.

Die landwye veroordeling van dié wandaad kan nie luidkeels genoeg beaam word nie. Die ironie der ironieë is dat die ANC ook sê hy veroordeel dit.

Dit strook nie met die party se eerste verklaring oor die boek verlede week met die flou ekskuus van fopnuus en ’n Stratcom-aanslag nie. Of met die bollemakiesie waarin dit die verklaring eers terug­getrek het en toe weer daarby gehou het.

Ewe vreemd is die party se verweer dat Maga­shule as ’n individu met die ontbloting van korrup­sie moet handel omdat dit in sy termyn as Vry­staat­se premier en nie as ANC-sekretaris-generaal was nie. Juis hieroor is die staatstrope­ry ten bate van tender-vriende en ten koste van armes van openbare belang!

Geen sprook is van die “demokratiese” Maga­shule oor die vandalisme te wagte nie. Dis te ge­rieflik om agter die dekmantel van ’n teen-revolu­sionêre sameswering te skuil. Hy behoort die moed van sy oortuiging te hê om te dagvaar.

Maar aard na “sy president”, Jacob Zuma, wat hoop op sy dag in die hof, maar wens dit kom nie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Hitler  |  Politieke Rampokkery  |  Hoofartikel  |  Boekboewery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.