Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Tito Mboweni minister van finansies

Die regering het baie om te verduidelik rakende die R175 miljoen wat hy in een boekjaar bestee aan die opknapping en instandhouding van ministers en LP’s se ampshuise.

Terwyl dit uiteraard begryplik is dat nodige instandhouding gedoen word, tel die regering se onnodige besteding aan luukses teen hom. Hy sal dus sorgvuldig moet verduidelik presies waarop dié enorme bedrag uitgegee gaan word.

Juis teen die agtergrond van Tito Mboweni, minister van finansies, se verklaarde voorneme in vanjaar se begroting om onnodige uitgawes in te perk, laat die R175 miljoen die rooi ligte flikker.

Te lank al bly die besparing op luukses, soos oorsese reise, verblyf en duur hotelle en die aankoop van weelderige ampsmotors, net by praat. Toe Pravin Gordhan nog minister van finansies was, het hy die sweep al geklap, maar daar is min gehoor gegee en die voortgesette spandabelheid met belastinggeld het ’n enorme en deurlopende frustrasie gebly.

Intussen voel gewone mense die druk van moeilike ekonomiese omstandighede. Gesinne moet die rieme al hoe dunner sny, ondernemings word getref deur herstrukturering om te probeer bespaar en die swaarkry van dié wat geen begroting meer het om te sny nie, word net erger. Intussen vlam opstande op in die droë gras van ontneming en swak dienslewering.

Hoeveel studente se klasgeld kon met verkwiste geld betaal word?

Hoeveel studente se klasgeld kon met verkwiste geld betaal word? Hoeveel verpleegsters of polisielede kon aangestel word? Hoeveel huise kon gebou word? Wanneer gaan dit alles end kry?

Telkens word net skouerophalend agter die ministeriële handboek geskuil. Laat dit nogmaals gesê word: Die ministeriële handboek weet níks van gewone mense se daaglikse swaarkry nie. Dié handboek kan jou nie ’n gewete besorg nie.

Die president en sy ministers, aan die ander kant, behoort wel van dié swaarkry te weet. Húlle behoort ’n morele oordeel te kan vel oor die buitensporige uitgawes. Verantwoordelike ministers sou dus self toegesien het dat buitensporige uitgawes nie in hul naam aangegaan word nie.

Omdat dít steeds nie gebeur nie, moet die sloerende hersiening van die handboek nou dringend afgehandel word. Maak die wysigings nóú openbaar sodat ministers verantwoording kan doen.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Besteding  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.