Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
verkiesing 2019, uitslagsentrum
Konfetti stort neer by die OVK se nasionale uitslagsentrum nadat die uitslae van die 2019-verkiesing Saterdagaand geproklameer is. Foto: Deaan Vivier

Met die volgende verkiesing - alhoewel vir munipale owerhede - bykans om die draai in 2021, sal dit bykans alle politieke partye noop om deeglik te luister na die kiesersboodskap van 2019.

Die ANC moet veral aandag gee aan die groep staatskapers wat ’n formele faksie in die party geword het

Oor die algemeen was dit wrede ontnugtering waarvan die laagste stempersentasie ooit sedert 1994 getuig. Asook ‘n daling in steun vir die twee grootste partye - veral vir die die ANC, maar ook vir die DA. Die EFF is desonkans ’n groot geraas, ‘n goeie veldtog en redelike groei beperk tot die 10%-omgewing.

Al drie die partye moet kennis neem dat landsburgs keelvol is vir korrupsie en openbare binnegevegte. Ook vir ’n gebrek aan dienslewering.

Alle partye kan ook kennis neem dat die samelwing hoogs gefrustreerd is met die dalende vlak van diskoers in parlementere debatte en besprekings in komitees. Ook oor die groeiende indruk dat ons proporsionele stelsel ’n korps beroepspolitici gekweek het wat hul loopbane en eie ego’s diens, eerder as hul volgelinge.

Kiesers gaan toenemend dophou om te sien of die nuutverkose politici hul belange verteenwoordig.

Kiesers gaan toenemend dophou om te sien of die nuutverkose politici hul belange verteenwoordig, in sinvolle openbare diskoers betrokke raak en kontak met hul kiesers op voetsoolvlak behou. Of verdere belangstelling in die politieke proses verloor.

Alle partye behoort nou deeglik te gaan besin oor wat die kiesers vir hulle gese^ het en reeds voor 2021 hul fokus in te stel op die behoeftes van landsburgers - wat as ekonomiese groei en effektiewe dienslewering opgesom kan word. Intussen sal hul optrede nou reeds as verkose verteenwoordigers ‘n aanduiding wees of en hoe hulle wil verander.

Die ANC moet veral aandag gee aan die groep staatskapers wat ’n formele faksie in die party geword het. En of die party bereid is om bekwame aanstellings in sleutelrolle te maak. Die DA sal sy vernietigende binnegevegte onder beheer moet kry. Die party het ’n goeie beleid en regeringsrekord, maar was te vaag in sy kommunikasie daaroor. Die EFF sal moet besin of retoriek oor radikalisering werklik deur die oorgrote meerderheid aanvaar word en die VBS-korrupsiewolk moet besweer.

Daar is harde werk vir almal en die hoop op positiewe uitkomste beskaam nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.