Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Pres. Jacob Zuma. Foto: Alet Pretorius

Met die nuutverkose lede van die sesde parlement wat na verwagting op 22 Mei hul plekke inneem, moet die heropbou van dié instelling as een van die hoekstene van die demokrasie ’n belangrike prioriteit wees.

Dit is veral die toesigrol van die parlement wat oor jare heen deur die ANC uitgekalwe is. En al het dié proses nie onder Jacob Zuma begin nie, is dit beslis onder hom verhaas.

Uiteindelik is die wye omvang van staatskaping ten minste ten dele toe te skryf aan die parlement wat nie sy toesigrol na behore uitgeoefen het nie.

As die vernaamste instelling waaraan die regering moet verantwoording doen, was dit sý taak om ministers en die president vroeër tot verantwoording te roep.

Die konstitusionele hof was op 31 Maart 2016 ook siedend in sy oordeel oor die gapende leemte in die wyse waarop die parlement sy toesigrol speel. Hy het pertinent bevind dat die Nasionale Vergadering en Baleka Mbete, speaker, in gebreke gebly het om Zuma tot verantwoording te roep in die Nkandla-sage.

Die konstitusionele hof was op 31 Maart 2016 ook siedend in sy oordeel oor die gapende leemte in die wyse waarop die parlement sy toesigrol speel.

Enersyds het die probleem te doen gehad met Zuma se opperste minagting van die parlement as demokratiese instelling. Die giggelende Zuma sou byvoorbeeld in antwoord op belangrike vrae oor Nkandla en ander landsake allerlei jakkalsdraaie gooi en geen grondige antwoord verskaf nie.

Andersyds was die politieke gedienstigheid van die voorsittende beamptes, Mbete (in die Nasionale Vergadering) en Thandi Modise (in die Nasionale Raad van Provinsies), ook die ruim rokspante waaragter Zuma en sy ministers kon skuil.

Drie grondliggende veranderinge sal nou in die ANC moet gebeur as hy die parlement en sy grondwetlike rol tot sy reg wil laat kom: Eerstens moet die nuwe president en sy regering aan die parlement die vereiste eerbied toon. Wat dít betref, is daar reeds bemoedigende tekens; Tweedens moet die ANC-koukus die beginsel tuisbring dat dit elke LP se taak is om die uitvoerende gesag, met inbegrip van die president, verantwoordbaar te hou; en Derdens is die kies van voorsittende beamptes met ’n beginselvaste verbintenis tot die parlement se rol van kardinale belang.

Is die politieke wil daar?

Meer oor:  Staatskaping  |  Parlement  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.