Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die sonsopkoms Vrydag oor kanolavelde buite Bredasdorp, die gasheerdorp van die Nampo Kaap-landbouskou wat Vrydag tot ’n einde geloop het. Foto: Jaco Marais

Suid-Afrika se kommersiële landbousektor wíl én kan. Maar die ontsluiting van sy volle potensiaal en bydrae tot die land word steeds gebriek deur die onvermoë en rompslomp van die regering.

Tragies so is dít wéér die enkele groot les op vandees-week se Graan SA Nampo Oesdag by Bothaville, wat vanjaar deur nagenoeg 80 000 besoekers van reg oor die land en die wêreld bygewoon word.

Dít is ’n les wat pres. Cyril Ramaphosa – self ’n boer – en sy regering gouer eerder as later ter harte móét neem.

Hier op Nampo – een van die grootste en suksesvolste internasionale toonvensters vir landboutegnologie en -kundigheid – bly boere en landbourolspelers op die hoogte van die heel nuutste werktuie, toerusting en metodes vir suksesvolle en vooruitstrewende landbouproduksie en -vervaardiging.

Landbouers se omarming van innovasie en aanskaf-fing van landbouwerktuie, -toerusting en insetprodukte van miljoene rande op die oesdag demonstreer hul wil om – in ’n wêreld vol uitdagings – in pas en op die voorpunt te bly.

Die positiewe ingesteldheid op Nampopark strek egter veel wyer as die wil om tegnologies vooruit te boer. Soos vorige jare is die

En boere en die bedryf wil die regering – wat tot nou toe klaaglik daarmee misluk het – verder help met steun en finansiering.

boodskap wat op die oesdag se Nasie-in-gesprek-reeks opklink dat die land se kommersiële boere en formele landbousektor smag na doeltreffende en suk-sesvolle grondhervorming en transformasie. En boere en die bedryf wil die regering – wat tot nou toe klaaglik daarmee misluk het – verder help met steun en finansiering.

Saam met hierdie optimisme en positiwiteit klink die kommerwekkende refrein van die afgelope dekade egter ook op: Beleidsonsekerheid en ongunstige omstan-dighede soos finansiële onsekerheid, power regerings-dienslewering, swak infrastruktuur en misdaad knel die landboubedryf.

Sonder sekerheid oor onder meer grond en onteiening sonder vergoeding en met ’n ongunstige werksomgewing – wat beleggers afskrik – kan die landboubedryf on-moontlik tot sy reg kom. Hy kan nie tot sy volle vermoë bydra tot ekonomiese groei en broodnodige werkskep-ping vir die 27,6% werklose Suid-Afrikaners nie.

Boere en landbouleiers op die oesdag plaas hul vertroue versigtig-optimisties in Ramaphosa wat as boer die belangrikheid van die bedryf as grondslag vir ekonomiese groei en vooruitgang erken.

Wat die sektor nou dringend nodig het, is sekerheid, sinvolle gesprekvoering en samewerking met Rama-phosa en sy regering én ’n sterk landbouminister wat die landbou hier en in die res van die wêreld verstaan.

Want die sukses van dié sektor word bepaal deur kennis, die wetenskap, tegnologie en markte, en nié deur politiekery en ideologie nie.

Meer oor:  Nampo  |  Boere  |  Landbou  |  Regeringsteun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.