Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
parlement
Foto ter illustrasie.

Terwyl die Cyril Ramaphosa- en Ace Magashule-faksie in die ANC onder die politieke waters steeds skop dat dit bars, het die beëdiging van sowat 400 oud- en nuwe lede van Suid-Afrika se sesde parlement eergister in die Nasionale Vergadering (redelik) ordelik en fatsoenlik verloop.

Onder diegene wat verrassend genoeg hul benoemings as LP’s van die hand gewys het, is David Mabuza en Nomvula Mokonyane. Dié verwikkelinge in verband met ’n sittende adjunkpresident en die voormalige minister wat vir die magtige pos van voorsitter van parlementêre komitees benoem is, het allerlei gissings ontlok en Suid-Afrikaners met meer vrae as antwoorde gelaat.

Nietemin, onder die wakende oog van hoofregter Mogoeng Mogoeng het groepe ander LP’s ’n plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afgelê.

’n Mens kan net hoop dat hulle dié eed ernstiger as hul voorgangers in die vyfde parlement opneem, van wie sommige die Grondwet geskend en hul oorsigrol oor die uitvoerende gesag liederlik versaak het. Dit het ’n hoogtepunt bereik met ANC-LP’s wat Jacob Zuma, hul korrupte en “gebroke” president, en sy Nkandla-vergrype tot elke prys verdedig het terwyl hy sy ontstelde landgenote met ’n hoonlag begroet het.

“Nooit, nooit en nooit weer” sal Suid-Afrika deurmaak wat hy die laaste dekade (onder Zuma) ervaar het nie, het Ramaphosa op stemdag, 8 Mei, onderneem.

“Nooit, nooit en nooit weer” sal Suid-Afrika deurmaak wat hy die laaste dekade (onder Zuma) ervaar het nie, het Ramaphosa op stemdag, 8 Mei, onderneem.

Dié belofte kan net gestalte kry as LP’s hul regstreeks grondwetlike oorsigrol oor lede van die uitvoerende gesag robuus uitoefen en hulle vir die uitvoering van openbare mag verantwoordbaar hou. Pemmy Majodina, nuwe ANC-hoofsweep, het onderneem om juis dít te doen. Die tyd sal leer.

Die nuwe LP’s sal aan hul landgenote moet bewys dat hulle elke sent van hul ruim jaarlikse salaris en voordele van sowat R1,1 miljoen, 80 gratis vlugte per jaar, asook gratis verblyf en gratis vervoer na hul werkplek verdien. Te veel belastinggeld het weens van hul voorgangers se onbevoegdheid en korrupsie in ’n diep put verdwyn.

20 Junie, wanneer die staatsrede gelewer word, is D-dag vir die nuwe besems om te begin bewys hul ampseed was nie bloot lippediens nie.

Meer oor:  Ingelyf  |  Parlement  |  Kabinet  |  Lp's  |  Hoofartikel  |  Eed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.