Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Theresa May
Theresa May, Britse premier. Foto: Reuters

Lanklaas was daar ’n Britse premier wat só duidelik ’n mislukking was as Theresa May.

May het Vrydag aangekondig dat sy op 7 Junie as leier van die Konserwatiewe Party sal bedank. Dan sal haar party ’n nuwe leier moet aanwys, wat May vervolgens ook as premier sal opvolg.

Die reeks flaters wat gelei het tot haar val – en die politieke chaos waarmee Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) gepaard gaan, het al begin toe sy in 2017 ’n vervroegde verkiesing uitgeroep het.

Daarmee het die Tories hul volstrekte meerderheid in die parlement verloor, en met dié minderheid moes sy die ondankbare taak van Brexit aanpak.

Agterna bekyk, was dit ’n gifbeker wat byna énige premier se rug sou breek. Sy moes staatmaak op ’n onherroeplik verdeelde Konserwatiewe Party wat in allesbehalwe naam geskeur het tussen die pro- en anti-EU-faksie.

Tussen die duiwel en die diep blou see is die Britse politiek in ’n volslae chaos.

’n Poging om steun by die ewe verdeelde Arbeiders te kry het ook op die rotse gestrand.

Die gevolg was stemming ná stemming in die parlement waarin geeneen van die moontlike rigtings ooit ’n meerderheid kon kry nie.

Daar is geen meerderheid vir Brexit mét of sónder ’n behoorlike ooreenkoms nie, geen meerderheid vir ’n tweede referendum nie, geen meerderheid vir die idee om dan maar in die EU te bly nie.

Tussen die duiwel en die diep blou see is die Britse politiek in ’n volslae chaos.

May is nie die enigste verantwoordelike nie, maar sy was by wyse van spreke voorsitter van die vergadering wat in ’n voortdurende politieke vuisslanery sonder enige konstruktiewe vordering na enige kant ontaard het.

Onder die Tories gaan daar nou dik strome bloed vloei in die stryd om May op te volg. Die man wat tans die beste kans staan, is die flambojante Boris Johnson, wat al sedert sy loopbaan as joernalis bekendheid verwerf het vir sy vermoë om skaamteloos en flagrant te lieg.

Wie ook al in 10 Downing Street intrek, sal egter met dieselfde probleme te make kry as dié wat May se rug gebreek het.

May se vertrek los niks grondliggend op nie.

Meer oor:  Theresa May  |  Brexit  |  Hoofartikel  |  Britse Politiek  |  Britse Premier  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.