Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Lede van die vakverbond Cosatu het Woensdag in Durban betoog teen dreigende werksverliese oor die land heen. Dié betoging sal Dinsdag in Kaapstad voortgesit word met ’n optog na die parlement. Foto: Reuters/Rogan Ward

Die nuwe regering van pres. Cyril Ramaphosa sal nou eenvoudig die politieke moed aan die dag moet lê om Suid-Afrika se oorgewig staatsdiens drasties te verklein.

Dít ondanks dreigemente van Cosatu-vakbonde dat ’n landwye staatsdiensstaking sal volg as die regering nie van sy besnoeiingsplanne afsien nie. Cosatu wou in Maart vanjaar reeds die stuipe kry toe finansminister Tito Mboweni laat blyk het hy is ernstig om die staat se salarisrekening oor die volgende drie jaar met tot R27 miljard te sny.

Dit kan egter as geen verrassing vir Cosatu kom nie, want finansministers waarsku jaar ná jaar dat die staat se salarisrekening nie volhoubaar is nie, maar tog het die topbestuur van die staatsdiens tussen 2012 en 2017 na raming met 300% gegroei.

Die nodige ingryping kan dus nie langer uitgestel word nie, want die saak is ook een van die dorings in die vlees van die kredietgradeerders, en met baie goeie rede.

Die salarisrekening vreet oor die drie boekjare tot 2021 35,2% van die totale begroting op.

Die salarisrekening vreet oor die drie boekjare tot 2021 35,2% van die totale begroting op. G’n wonder nie dat die Organisasie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in 2017 Suid-Afrika se staatsalarisrekening as van die hoogste onder ontwikkelende lande bestempel het.

Die eenvoudige gevolge van die opgeblase staatsdiens en onvolhoubare loonverhogings in dié sektor is dat noodsaaklike openbare dienste soos die polisie of gesondheidsorg, wat in sommige gevalle nypende tekorte het, onder die vakbonde se voortdurende onbesonnenheid ly.

Mboweni en sy tesouriekollegas verrig geloofwaardige werk om die staatsfinansies gesond te bestuur, maar hy moet dit ongelukkig in ’n al hoe moeiliker omgewing doen.

Dit is internasionaal moeilik weens ’n wisselvallige en slakkegang-groei.

Dit is plaaslik ook moeilik weens die ANC-alliansievennote se stiksienige ekonomiese idees en ’n al hoe onstabieler politieke omgewing met die populistiese truuks van Julius Malema en sy EFF.

Maar die werklikheid is dat die uurglas nou uitgeloop het. Die lysie dinge wat gefinansier moet word – uit ’n krimpende bron van inkomste wat nie genoegsaam gekoester word nie – raak net langer en langer.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Begroting  |  Hoofartikel  |  Staatsdiens  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.